Die erediens word vandag deur ds Kobus Botha, ons dominee, gelei.
Ds Kobus en gesin is DV volgende Sondag sowel as Kersnaweek met verlof uitstedig.
Volgende Sondag se erediens sal DV waargeneem word deur Prof Johan Janse van Rensburg.
Die Kersdiens op 25 Desember om 09:00, sowel as die Sondagoggend erediens op 26 Desember om 09:30, sal DV deur Dr Frans de Bruyn gelei word.
Dit is vir ons aangenaam om vir Susan Kruger te verwelkom wat vanoggend die orrelspel gaan behartig.
Sy is ‘n ou bekende en sê ons vir haar baie dankie daarvoor.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voor die erediens begin
Psalm 110-3: 1 & 2
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Liedboek 190: 1 – 3
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Kolossense 2 & 3
Sang
Skrifberyming 8-1:1 & 2
Doop – Carlin Allen
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend bedien aan die verbondskindjie van br JP en sr Anrie Allen.
Psalm 134:4
Psalm 105: 5
Gebed
Sang
Psalm 89: 2
Skriflesing
1 Petrus 3: 13 tot 22
Teksverse:
1 Petrus 3: 20b & 21
“Net ‘n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered.
Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie ‘n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus”
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 11-2: 1, 2 & 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
VERSOENINGSDIENS – 16 Desember 2021
Op Versoeningsdag,DV 16 Desember, word ‘n erediens in ons kerkgebou gehou.
Die diens word deur ds Kobus Botha gelei.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Bybelverspreiding word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
SR EMMIE SMIT OORLEDE
Ons maak met leedwese bekend dat sr Emmie Smit van Bayswater Village verlede Sondag oorlede is.
Sy was saam met br Whitey van der Walt in die eerste belydenisgroep van ons gemeente gewees.
Sover bekend was sy ook een van die lidmate wat die langste lidmaat van ons gemeente gewees het!
Ons harte gaan uit na haar kinders, kleinkinders, familie & vriende.
Die troosdiens het die afgelope Donderdag uit ons kerkgebou plaasgevind.
ONS DINK AAN:
Sr Ricka Venter wat in die hospitaal behandel word;
Ouderling Stephan Kruger wie se vader Maandag oorlede is.
NUWE LIDMATE
Opgeneem in die GKSA as lidmate van ons gemeente:
Br JP Allen, sy eggenote sr Anrie en hul dogtertjie, Carlin.
Ons heet hierdie gesin van harte welkom en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees.
ALMANAK VAN DIE GKSA VIR2022
Diegene wat die Almanak van die GKSA vir 2022 bestel het teen R100 stuk, kan dit in die konsistorie afhaal.
GEREFORMEERDE KERK JEUG
Verskeie leesstof artikels & leesstof met die oog op Kersfees is beskikbaar !
Voorbeelde
- Gesels saam oor Kersfees
- Die Lig vir die Wêreld is gebore!
- Vind vreugde in die HERE
- Inkleurprente vir Kersfees
Vir meer inligting kan u op ons tuisblad(onder die skerm) van ons webwerf(www.gkbfnnoord.co.za) kliek op “Gereformeerde Kerk Jeug”
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE
Vandag
GEEN
BELYDENDE LIDMATE:
Vandag
13 Desember
Sr Sumari Janse van Rensburg – 083 411 3973
14 Desember
Sr Anita Botha – 083 673 5448
15 Desember
Sr Bianca Pieterse -084 415 7824
Sr Charmari Steyn – 051 436 1290
19 Desember
Br Steve van Niekerk – 082 290 8889
DOOPLIDMATE
GEEN
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels:
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees
Mattheus 28:19
