Nuus uit ons Gemeente – Sondag 31 Oktober 2021
Die erediens word vandag deur Ds Kobus Botha, ons predikant, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sangvoor die erediens begin
Liedboek 168: 1 tot 3
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 48: 4 & 5
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Eksodus 20
Sang
Psalm 130: 2 & 4
Gebed
Sang
Skrifberyming 7-2: 1 & 2
Skriflesing
Psalm 11: 1 tot 7
Teks
Psalm 11: 7
Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.
Slotsang;
Skrifberyming 11-2: 1,2 &
Die HERE stuur ons weg met Sy seën ! 4
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Die katkisasieklasse vir voorskoolse en laerskoolkinders vind plaas na afloop van die erediens.
U moet asseblief nogsteeds vir br Pieter du Plessis per Whattsapp of SMS (082 570 1804) laat weet watter diens u wil bywoon
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir Bybelverspreiding word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
HERVORMINGSDIENS
Weens omstandighede is die jaarlikse Hervormingsdiens wat DV vandag by die NG-Kerk Berg-en-Dal sou plaasvind, afgestel.
Almal word egter uitgenooi om DV vanmiddag, om 15:30 ‘n Hervormingsdiens wat deur Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid en Gereformeerde Kerk Shalom aangebied word.
Dit vind plaas in die kerkgebou van Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid.
SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal sal DV op Sondag, 17 November 2021, gevier word.
Die rede waarom dit so kort na die vorige Nagmaalsviering gehou word, is as gevolg van die feit dat September se Nagmaal nie plaasgevind het nie.
Daar sal DV weer twee dienste om 08:30 en 10:30 wees.
ATTESTASIE ONTVANG
Met attestasie het oorgekom vanaf die Gereformeerde Kerk Totiusdal: br Johandré Naudé en sy eggenoot, sr Leanné.
Ons heet hierdie gesin van harte welkom in ons Gemeente en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
BELYDENDE LIDMATE:
1 November
Ds Kobus Botha – 051 436 2930
Br Stephan Kruger – 071 749 5053
2 November
Ouderling Francois Venter -082 229 4411
Sr Lettie van Wyk – 083 301 8063
3 November
Sr Elize Mostert – 083 377 8695
4 November
Br Gert Jordaan – 071 673 1286
Br Steva Klopper – 051 362119
Br Elandrè Nel – 082 688 3138
6 November
Sr Ester Botha – 051 436 2930
Sr Anelia du Toit – 073 241 8173
DOOPLIDMATE
5 November
Chandrei Patterson – 083 500 7136
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Wie wysheid het, sal op hierdie woorde ag slaan.
Wie verstandig is, sal dit ter harte neem, want wat die Here doen, is reg.
Die regverdiges lewe daarvolgens, en die opstandiges kom daardeur tot ‘n val
(Hosea 14: 10)
