Nuusbrief – 10 Junie 2018
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word vanoggend gevier.
Lidmate van ander kerke wat by die Kerkraad aansoek gedoen het om hier Nagmaal te gebruik, het die nodige toestemming en word van harte saam met die Gemeente daartoe uitgenooi!
Naas die wyn word daar ook weer druiwesap in die kelkies bedien. Op elke skinkbord is daar ses kelkies met druiwesap wat met wit papiertjies gemerk is om dit van die wyn te onderskei. Dit is weerskante van die handvatsel gerangskik.
Ons bede is dat die Here vir ons as Gemeente en as afsonderlike lidmate met die gebruik van dié Nagmaal, saam met die Woordverkondiging, ryklik sal seën sodat ons in ons geloof staande kan bly teen al die aanslae waarmee ons daagliks te doen kry.
Mag ons ons reinigmaking en saligheid buite onsself in Christus soek waar Hy aan ons Hemelse Vader se regterhand is, dáár vir ons intree en eendag na die aarde sal terugkeer om dit te
SR RITA DU PREEZ OORLEDE
Met leedwese word die afsterwe bekend gemaak van sr Margaretha du Preez néé Muller van Hillandale 147 in die ouderdom van 76 jaar.
Sy is Donderdag oorlede nadat sy byna ’n maand gelede in ’n baie ernstige motorongeluk was en deurentyd in die Intensiewe Sorgeenheid van MediClinic versorg was. Sy en haar eggenoot, br Piet du Preez is sedert 1980 lidmate van ons Gemeente toe hulle vanaf Bloemfontein-Suid by ons aangesluit het. Sy en Piet was baie meelewende lidmate van ons Gemeente en ons dra vir Piet en hul kinders en kleinkindes op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader dat Hy hulle in hierdie moeilike dae sal dra en deur die werking van die Heilige Gees sal vertroos.
Begrafnisreëlings was teen gister nog nie bekend nie.
DIE EREDIENS VANOGGEND
Ons gee weer die volledige besonderhede van die liturgiese orde, aangesien dit effens afwyk van die normale en omdat die Nagmaalsformulier stuk-stuk deur ds Kobus gelees word en eintlik ’n pragtige eenheid vorm.
Volg gerus hierdie “handleiding” gedurende die diens:
Voorafsang: Liedboek 184:1-4
Votum en seëngroet
Lofsang: Ps 110-3:1,2,3
Direk daarna, terwyl ons steeds bly staan:
Nagmaalsformulier se Instellingswoorde van die Heilige Nagmaal, gevolg deur die
Geloofsbelydenis van Nicea
Nagmaalsformulier se Selfondersoek, gevolg deur die sing van Sb 8-1:1,2
Nagmaalsformulier: Gedagtenis
Gebed
Sing: Psalm 116:5,7
Skriflesing: Johannes 10:1-21
Teksvers: Johannes 10:7,9
Preek
Nagmaalsformulier: Gebed
Sing Psalm 23:3 sittende
Nagmaalsformulier: Hartsverheffing en Nagmaalbediening
Sing Skrifberyming 17-3:1 aan eerste tafel en Skrifberyming 17-3:2 aan tweede tafel
Nagmaalsformulier: Lofverheffing
Dankgebed
Offergawers
Slotsang: Liedboek 190:1,2,3
Wegstuurseën
DEURKOLLEKTES
Vandag se deurkollektes sal vir die Gereformeerde Kerke van SA se Fonds vir Teologiese Studente opgeneem word terwyl volgende Sondag se deurkollektes bestem is vir die Gereformeerde Kerke van SA se Emeritaatsfonds.
GESAMENTLIKE GEMEENTE-ETE
Die gebruiklike Gemeente-ete vind vandag om 11:30 in die kerksaal plaas.
Dit kos soos in die verlede weer R40 per volwassene en Hoërskooljong-mens en R20 vir Laerskoolkin-ders. Die geld kan voor die diens in die Kassie gemerk “Sustersby-drae” geplaas word of dit kan tydens die ete betaal word.
Alles behalwe eie drinkgoed word voorsien.
By hierdie geleentheid sal ’n aantal nuwe lidmate wat hulle sedert die Maart-Nagmaal by ons aangesluit het, ook verwelkom word. Hulle is die gaste van die Kerkraad, betaal dus niks, maar moet net ook hul eie drinkgoed saambring.
Ons bedank graag vir srs Charlene Klopper en Kirné van Driel en hul helpers vir die voorbereiding en aanbieding van die ete!!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
11 Junie:
Sr Hettie Bezuidenhout – 082 374 7769
Oudl Bernard Marais – 082 770 6662
Br Gert Venter – 082 856 1781
12 Junie:
Sr Poppie Marais – 082 882 2730
13 Junie:
Sr Geri Kotzé – 051 436 3324
Sr Aline Kruger – 051 436 1702
15 Junie:
Oudl Louwrens de Beer – 082 789 6793
ONS DINK AAN ….
Br Fanie en sr Martie le Roux van Santé met die oorlye van br Fanie se suster
Oudl Hennie en sr Trix de Bruin van Waverleyweg met die afsterwe van br Hennie se broer se dogter in ’n motorongeluk.
Mag die Here hulle en die ander familie ryklik vertroos deur die werking van die Heilge Gees!
GESKENKE AAN NUWE INTREKKERS
Tydens elke Nagmaalete word die nuwe intrekkers sedert die vorige Nagmaal verwelkom.
In Maart was daar ’n rekord aantal lidmate (24) wat by ons aangesluit het. Dit het ’n vriendelike lidmaat wat verkies om anoniem te bly, so geïnspireer dat hy besluit het om aan elkeen ’n glas te skenk waarop sy/haar naam en ons Gemeente se naam en “logo” met sand geblaas is!!
Daar was egter min van hierdie lidmate by die ete sodat dit nie uitgedeel is nie. Dit is nou beskikbaar en is in die portaal uitgepak met elkeen se naam daarop aangedui. Neem gerus u glas.
Ons bedank graag die anonieme lidmaat vir sy mooi gesindheid en hierdie pragtige gebaar van meelewendheid!
Een lidmaat wat reeds hulle glase ontvang het, meld dat hulle daardeur oorstelp is en bevestig net dat hulle korrek was in hul keuse om na die Gereformeerde Kerk Bfn-Noord te kom!!!
Die name van die lidmate is
Nico en Elizabeth Beek
Herman en Retha Britz
Charles en Mainy du Preez
Karen Ehlers
Drikus Klopper
Susan en Alida Kotzé
Kurt Kruger
Marietjie Kruger
Tersia Labuscagne
Hannelie Liebenberg
Bianca Pieterse
Wilhelm van der Merwe
Francois en Welmarie van Niekerk
Gert en Magdaleen Venter
Philip, Reinette en Pieter Venter
Taryn Webster
GEEN AANDDIENS VOLGENDE VYF SONDAE
Volgende Sondag val in ’n langnaweek en daarom sal daar nie ’n aanddiens in ons kerkgebou wees nie.
Daarna sluit die skole vir die wintervakansie en sal daar dan eers weer op Sondag 22 Julie met aanddienste alhier begin word.
Ons herinner lidmate daaraan dat die suidelike Gereformeerde Gemeentes wel aanddienste om 18:00 in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloempark op 17 en 24 Junie 2018 hou.
Vanaf Sondae 1, 8 en 15 Julie 2018 sal die aanddienste in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels wees.
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Beroepe ontvang:
Ds MH (Marco) le Roux van Newcastle na Kemptonpark
Beroep bedank
Ds WJ (Willem) Steyn van Potchefstroom-Die Bult na Vereeniging
SCHUBERT EN BRAHMS-KONSERT
Hierdie konsert vind plaas op 17 Junie 2018 om 16:00 in die Musicon-saal.
Kaartjies @ R100 is by die deure beskikbaar.
Die program bestaan uit Brahms se Liebeslieder Waltze en Schubert se grootskaalse klavier duet Phantasie in F-mineur met die Odeion Vocal Consort: Zani Ludick., Hané van Wyk, Lance Phillip en Werner Stander. Die pianiste is Lourie Coetzee en Anna-Marie Venter.
GEDAGTE VIR DIE WEEK MET NAGMAAL
Hom (Jesus Christus) het julle lief,
al het julle Hom nie gesien nie.
Deur in Hom te glo, al sien julle
Hom nie nou nie, het julle reeds
deel aan die saligheid wat die
einddoel van julle geloof is.
En dit vervul julle met ’n
onuitspreeklike en
heerlike blydskap.
1 Petrus 1:8,9
