Nuusbrief – 10 Maart 2019
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE NAGMAAL
Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word vanoggend gevier.
Lidmate van ander kerke wat by die kerkraad aansoek gedoen het om hier Nagmaal te gerbruik, het die nodige toestemming en word van harte saam met die Gemeente daartoe uitgenooi.
Ons bede is dat die Here vir ons as Gemeente en elke lidmaat afsonderlik, ryklik sal seën endat ons daarmee, tesame met die Woordverkondiging, in ons geloof versterk mag word. Laat ons nie twyfel nie dat ons lewe net so werklik deur die werking van die Heilige Gees met Sy liggaam en bloed gevoed en verkwik word as wat ons die brood en wyn tot Sy gedagtenis ontvang.
Onthou dat daar naas die wyn in die kelkies ook druiwesap bedien word. Daar is ses kelkiesop elke skinkbord teenaandie handvatsel gerangskik en is met wit papiertjies gemerk om dit van die wyn te onderskei.
LITURGIESE ORDE
Ons gee die volledige besonderhede van die liturgiese orde,
Voorafsang:
Liedboek 514: 1,2
Votum en seëngroet
Lofsang:
Liedboek 190:1,2,3
Terwyl ons steeds bly staan die voorhou van die Nagmaalsformulier:
Instellingswoorde van die Heilige Nagmaal,
gevolg deur die Geloofsbelydenis van Nicea
Ons Selfondersoek,
gevolg deur die sing van Skrifberyming 5-4:1,2
Gedagtenis
Gebed
Sing:
Psalm 116:3,4
Skriflesing:
Job 42: 1-17
Teksvers:
Job 42: 12a,17
Preek
Gebed
Sing sittende: Psalm 23:3
Hartsverheffing en Nagmaalbediening
Sing Skrifberyming 17-3:1 aan eerste die eerste tafel
Sing Skrifberyming 17-3:2 aan die tweede tafel
Lofverheffing
Dankgebed
Offergawers
Slotsang:
Skrifberyming 14-2:1,2
Wegstuurseën
DEURKOLLEKTES
Kollektes by die deure word vir die Kas Teologiese Studente te Potchefstroom afgesonder.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas vir Diens van Barmhartigheid.
AANDDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Daar sal DV vanaand nog ’n aanddiens in ons kerkgebou gehou word,
maar vanaf volgende Sondag tot en met 31 Maart 2019 sal hier nie aanddiente wees nie.
Die suidelike Gereformeerde Gemeentes hou gesamentlike aanddienste om 18:00
in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloempark.
Lidmate is baie welkom om dit by te woon.
GEMEENTE-ETE NA NAGMAAL
Na die Nagmaalsdiens vanoggend, sal die Gemeente-ete om 11:30 in die kerksaalgehou word.
Elke gesin word vriendelik gevra om ’n bak slaai van u eie keuse saam te bring asseblief.
Hierdie slaaie is dan vir almal beskikbaar.
Verder moet elkeen ook net u eie drinkgoed saambring. Die res word alles voorsien– ook die nagereg!
Die ete kos weer R40 per volwassene en Hoërskool-jongmens en R20 vir Laer-skoolkinders.
By dieselfde geleentheid sal ’n stuk of 20 nuwe intrekkers wat sedert Novembe se Nagmaal by ons aangesluit het, verwelkom word.
Hulle is die gaste van die Kerkraad en betaal niks, maar moet ook net hul eie drinkgoed saambring.
Ons dra graag ons hartlikste dank oor aan srs Ester Botha en Magda de Beer asook
hul helpers wat vir die alles verantwoordelik is !
Die gelde kan vandag tydens die ete betaal word of dit kan in die kassie gemerk Sustersbydraes geplaas word.
BEVESTIGING VAN OUDERLINGE
Die name van die volgende broeders word ter approbasie aan die Gemeente voorgelê sodat hulle as ouderlinge in be-paalde wyke kan dien:
Br Basie du Plooy, Ina Rosseaustr 7 – wyk Langenhovenpark 1
Br Jan Schutte, William Trollipsingel 15 – wyk Frans Rumpff
straat
Br Peet Venter, Rayton Close 1 – wyk Lucas Steynstraat
Hierdie drietal broeders het die roeping opvolg en behalwe vir br Jan Schutte wat uitstedig is,
sal hulle vanaand in hul amp bevestig word.
By dieselfde geleentheid sal eervolle losmaking uit die ampte verleen word aan ouderlimge Martin Cronjé (Langenhovenpark 3),
Bernard Marais (Pentagonpark) en Henk Venter (Frans Rumpffstraat) en
diakens Ansi Pretorius en Marina van Niekerk.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
10 Maart:
Br Robert Patterson – 083 500 7136
Sr Kirne van Driel – 083 399 0290
Br Boetman van Wyk – 084 585 8882
Br Jannie Venter – 051 436 4151
12 Maart:
Sr Rachel de Bruin – 082 463 0380
12 Maart:
Sr Naomie Jordaan – 082 824 2542
13 Maart:
Sr René Boshoff – 051 436 4517
Br Jan Eloff – 083 310 4661
Sr Karin Pienaar – 071 685 2194
14 Maart:
Br Nico Venter – 083 300 6645
ONS DINK AAN …
Ouderling Dirk en sr Priscilla Coetzee van Paul Rouxstraat.
Br Dirk se jonger broer is verlede Sondag in ’n motorongeluk oorlede.
Ons harte gaan uit na die familie en bid hulle die Here se vertroosting toe!
LIDMAATREGISTER
Opgeneem in die gemeenskap van die Gereformeerde Kerke vanuit die NG Kerk
Pellissier: Sr Bessie Labuschagne van Parklane 10 in die wyk Fichardpark
Berg-en-Dal: Sr Carlise van der Merwe van Leipoldtstraat 19 in die wyk Cachetstraat
Ons heet hierdie twee lidmate van harte welkom in ons Gemeente waar hulle altwee reeds geruime tyd by ons ingeskakel is!
TEOLOGIESE STUDENTE SE FIETSTOER
Die Teologiese Skool te Potchefstroom waar al die Gereformeerde predikante opgelei word,
is vanjaar 150 jaar oud.
Dit is oorspronklik in 1869 te Burgersdorp gestig en het later (1905) na Potchefstroom verskuif.
Om hierdie gebeurtenis te vier, beplan die Teologiese Skool verskeie feesvieringe soos ’n feesnaweek in September 2019 en die uitgee van ’n feesbundel.
In 1969 met die eeufeesherdenking, het ongeveer 20 studente
die roete vanaf Burgersdorp na Potchetstroom te perd afgelê!
Vanjaar gaan ’n groep van 10 studente en twee professore met ’n ondersteunigsgroep van vyf,
op hulle beurt ’n fietstoer vanaf 20 tot 28 Maart vanjaar
vanaf Burgersdorp tot in Potchefstroom met hul ysterperde aanpak.
Hulle beplan om die naweek van 24 Maart in Bloemfontein te wees en ons sal vir huisvesting sorg.
Verder het hulle gevra dat van hulle studente op 24 Maart 2019 die oggenddienste by alvier ons Gereformeerde Kerke in Bloemfontein kan waarneem.
Die kerkraad het aan hulle versoek voldoen en ons sal DV volgende Sondag die prediker se naam bekend kan maak.
Ons sien baie uit na daardie naweek wat iets besonders in die lewe van hierdie studente sal wees om dank en lof aan die Here te bring vir 150 jaar se seën en genade!
NUUS VAN DIE GEREFRMEERDE KERKE IN SA
BEROEP ONTVANG
Ds DFC (Dirk) Kruger van Zeerust na Vaalpark
SUSTERSBYDRAES
Ons herinner susters daaraan dat hulle hul jaarlikse bydrae van R150
in die kassie in die voorportaal, gemerk Sustersbydrae, kan plaas
of dit in die bankrekening by Absa, takkode 632 005,
rekeningnommer 0470 341 769 met u naam as verwysing, kan inbetaal.
Baie dankie!
GEDAGTE VIR DIE WEEK MET NAGMAAL
5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskiking,
toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus
sy kinders te wees.
6Daarom moet ons God prys vir sy groot genade
wat Hy in sy geliefde Seun vrylik
aan ons geskenk het.
Ef 1:5,6NAV
