Nuusbrief – 15 April 2018
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
15 April:
Sr Magda Brummer – 051 436 3193
16 April:
Oudl Piet Knoester – 072 991 8882
Sr Carlia Venter – 071 412 3212
17 April:
Sr Susan Kotzé – 083 469 5650
18 April:
Br David Kleyn – 072 096 9641
Br Elandré van der Walt – 051 436 3582
19 April:
Sr Cornelie Hartung – 079 9528480
19 April:
Br HS vd Walt Tommy Borderstr – 083 375 8660
Sr Ina Venter – 051 436 4151
20 April:
Sr Anneke Blair – 084 575 5015
Sr Susan Schutte – 051 436 4275
Diak Marina van Niekerk – 082 651 0001
21 April:
Sr Dané Klopper – 078 509 2952
ONS DINK AAN ….
Sr Magda Smits van Lenyoloi Village 2 met die oorlye van haar vader. Die begrafnis het in Leeudoringstad plaasgevind.
Mag die Here haar en haar kinders deur die werking van die Heilige Gees ryklik vertroos!
Sr Christine Fourie van Jac van Rhynlaan 44 wat ’n knievervangingsoperasie ondergaan het.
Mag sy en br Lukas en hul dogter sr Daleen elke dag die Here se nabyheid ervaar!
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens bedien aan San-Mari Richards, Verbondsdogter van br Johan en sr Sindy Richards van Langenhovenpark.
Ons wens hulle, die grootouers en die Fouché-gesin(van Groenvlei-wyk) van harte geluk.
Ons bede is dat hulle die kleinding sal opvoed in die naam van die Here en dat hulle die doopbelofte altyd sal nakom!
HAMBURGERAAND
Na die baie geslaagde Hamburgeraand in 2017 het die Gemeentefunksiekommissie besluit om weer só te maak.
Dit begin eerskomende Vrydagaand 20 April 2018 om 18:00 in die kerksaal.
Oudl Louwrens de Beer sal vanoggend voor die diens meer besonderhede deurgee.
Vir ’n burger, koffie en ’n soet eetdingetjie is die koste R35. Bring asseblief eie breekgoed, eetgerei en iets te drinke saam.
In die portaal is GEEL vorms waarop lidmate wat dit graag wil bywoon, besonderhede aanteken.
U kan ook tot Woensdag vir Louwrens Whatsap by 082 789 6793
KATKISASIE EN BYBELSTUDIE
Die skole het reeds vir die tweede kwartaal heropen. Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders neem DV vanoggend na die erediens ’n aanvang.
As gevolg van die feit dat ds Kobus verlede week uitstedig was, begin die klasse vir die Hoërskooljongmense Woensdag op die gewone tye en die Bybelstudiegroepe ook eerskomende Donderdag om 09:30 en 18:30.
ONS NUWE WEBBLAD (gkbfnnoord.co.za)
Oudl Dirk Coetzee deel ons mee dat daar nou ’n nuwe webblad vir ons Gemeente ontwerp is.
Ons kan nou maklik na die jongste en ook ouer preke luister en dit selfs aflaai.
Meer inligting sal mettertyd bygevoeg en/of opgradeer word en meer foto’s sal ook aangebring word.
Op die tuisblad (onderste gedeelte van die webblad) is daar ook skakels beskikbaar van die Gereformeerde Kerke in SA asook uittreksels van berigte uit die Kerkblad, Vroue-blad, Kruispad en Slingervel.
Enige navrae, inligting of voorstelle kan by die e-pos-fasiliteit by “kontak ons” gestuur word.
Ons bedank graag vir oudl Dirk (dirk@gkbfnnoord.co.za) vir die inisiatief wat hy ge-neem het om hierdie hulp-middel uit te brei en te ver-beter. Mag alle lidmate dit ge-bruik en baie vreugde daaruit put!
TEEBEDIENING
Direk na die diens vanoggend terwyl die katkisasie aan die gang is, sal daar weer teebediening by die kerksaal wees waarheen alle lidmate van harte uitgenooi word.
Kom geniet ’n koppie tee/koffie of ’n glasie vrugtesap terwyl daar lekker gekuier word. Die uitbou van die band van gelowiges wat so plaasvind is ’n belangrike deel van die uitleef van ons Christelike Godsdiensbeoefening!
Dit is vandag die beurt van wyk Langehovenpark 4 waar die wyksouderling en sy vrou die leiding neem en ook melk bring. Die ander items word voorsien.
Lidmate in daardie betrokke wyk word aangemoedig om behulpsaam te wees en mekaar ook daar in wyksverband beter te leer ken.
Baie dankie vir almal se mooi gesindheid en ywer!
Volgende week is dit die beurt van wyk Leo van den Heeverstraat.
LITURGIE VANOGGEND
Voorafsang: Liedboek 188:1,3
Skriflesing:
Lukas 7:11-17 Teksverse: Lukas 7:14,15
Sang tydens die erediens:
Psalm 105:1,3:1,2
Skrifberyming 5-4:1,2
Psalm 134:4
Psalm 105:5
Skrifberyming 11-2:1,2,4
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
BEROEP AANVAAR
Ds GP (Gerhard) van Rhyn van Rietvallei na Komatipoort
NAVRAAG OOR LIDMATE
Sedert Oktober 2017 word daar maandelikks ’n bedrag in die kerk se bankrekening inbetaal. Die verwysing is CHZ de Wet, maar is aan ons onbekend. Indien hy/sy of iemand wat so ’n persoon ken, sal dit baie waardeer word indien hy/sy besonderhede verskaf.
Verder is daar iemand wat elke maand ’n bedrag van R200 in die kerk se rekening inbetaal sonder enige verwysing. Ook hier sal ons dit waardeer indien dit opgeklaar kan word. Die bedrae word weliswaar in die kerkas inbetaal, maar ons sal dit graag teen ’n lidmaat se naam wil aanteken
