potjie

Nuusbrief – 19 Augustus 2018

MEESTERPOTKOMPETISIE

Kom skryf in vir die Meesterpotkompetisie!!

Dit gaan DV vanjaar op Saterdag 1 September by die kerksaal gehou word.

Die spanne wat dit vir die trofee gaan uitspook, begin reeds teen 12:00 met hul voorbereidings en kookvernuf. Om 18:00 kan lidmate aan die voortreflike voedsel kom smul!

Spanne wat vir die kompetisie wil inskryf kan met oudl Tian van der Bijl skakel of sommer direk u naam op die ORANJE-vorm in die portaal aanteken.

Om weg te lê aan die smaaklike disse, kos dit R30 per porsie vir volwassenes en R20 per kind of student. In hierdie geval moet u name op die GEEL-vorm aange-teken word.

Etekaartjies en betalings word deur diak Cobus Venter hanteer.

Ons wens die organiseerders en deelnemers alles van die beste toe!

LITURGIE VANOGGEND

Skriflesing:

Johannes 12:1-8

Teksverse:

Johannes 12:1-8

1’En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het. 

2’Hulle het toe vir Hom daar ’n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.

3En Maria het ’n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

4Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai: 5Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?

6En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het. 7Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.

8Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie. ‘

Voorafsang:

Liedboek 151:1,2

Sang:

Psalm 110-3:1,3
Skrifberyming 5-4:1,2
Psalm 66:7
Skrifbewryming 14-2:1,2

KOLLEKTES

Vandag se deurkollekte sal vir die KERKBLAD opgeneem word terwyl volgende Sondag se deurkollektes bestem is vir die GKSA se Kas Teologiese Studente te Potchefstroom.
Die kollektes onder die diens word ALTYD vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid afgesonder.

KATKISASIE EN TEEBEDIENING VANOGGEND

Alles verloop vanoggend weer normaal met die katkisasie vir Voorskoolse en Laerskookinders wat weer na die diens begin.

Terselfdertyd sal daar ook weer teebediening by die kerksaal wees waarheem alle lidmate van harte uitgenooi word. Kom drink gerus ’n heerlike koppie koffie, tee of vrugtesap en kuier lekker saam met medelidmate!

Dit is vanoggend die beurt van wyk Brandwag om tee te skink en volgende Sondag neem wyk Cachetstraat die verantwoorde-likheid oor. Ons bedank graag die betrokke wyksouderling en sy vrou asook al die lidmate in daardie wyk wat kom handjie bysit!

KERKRAADSVERGADERING

Die Kerkraad en Diakonie (sg Breë Kerkraad) vergader DV vanaand na die aanddiens in die kerkgebou. Twee aansoeke van ouderlinge om ontslag, sal voor die vergadering dien.

Dit sal die aantal wyke waar daar nie ’n ouderling is nie, op ses (!) te staan bring en die kerkraad bly steeds bekommerd dat verkose broeders nie die roeping om te dien, opvolg nie. Lidmate se voorbidding vir hierdie saak en vir die vergadering as geheel, word ernstig gevra.

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

19 Aug:

Sr Nidia Albertse – 082 553 3845

20 Aug:

Mandré Ackerman – 082 414 4456
Sr Mayrine Geldenhuys – 082 822 3300
Br Wimpie Pienaar – 082 809 2795

21 Aug:

Br Koot Pretorius – 083 383 7929
Sr Engela du Plessis – 082 930 8597

22 Aug:

Br Pieter de Kock – 079 096 2439
Sr Jackie Fick – 072 124 0811
Sr Ebie Fouché – 051 451 1137

23 Aug:

Br Jaco Kruger – 083 660 2997
Sr Jennette Vivier – 051 436 1529

24 Aug:

Sr Marietjie Kruger – 082 595 2929
Br Walter Walters – 078 800 1110

25 Aug:

Steph-Mari Swanepoel – 073 584 7700
Sr Taryn Webster – 072 504 2518

ONS DINK AAN ….

Br Jan de Wet van die plaas Tafelkop wat vir behandeling in die hospitaal was.

Sr Antoinette Coetzee van Jan Marxstraat wat ook weer in die hospitaal vir behandeling op-geneem is.

 Sr Ammie van As van Hillandale wat in die Hillandale kliniek aansterk na ’n geslaagde knievervangingsoperasie.

Ons dra hierdie drie lidmate en hul geliefdes, veral sr Yvonne de Wet en br Martin Coetzee en ander lidmate waarvan ons nie weet nie, op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader dat Hy hulle elke dag naby sal wees!

OORLEDE

Met leedwese word bekend gemaak dat ds PGL (Pieter) van der Walt, emerituspredikant van Naboomspruit op 12 Augustus in die ouderdom van 90 jaar oorlede is en Vrydag te Pretoria begrawe is.
Hy is in 1959 as predikant te Noord-Durban bevestig en het daarna in Bethulie en Carleton-Oos gedien voordat hy in 1990 te Naboomspruit emeriteer het.

GLASE GESKENK DEUR ’N LIDMAAT

Die anonieme lidmaat wat begin het om aan nuwer intrekkers glase te skenk, het dit nou verder uitgebrei en wil dit aan soveel lidmate as moontlik skenk. Hierdie glase is met sand geblaas en het benewens ons kerk se logo en naam, ook die lidmaat se naam daarop!

Dis regtig iets besonders en ons bedank hom weereens van ganser harte! Hy het nou begin met die ouer lidmate. In die voorportaal is daar nog glase vir die volgende lidmate:
Baba Boshoff
Japie Gerber
Hester Hechter
Martie Labuscagne
Elna Nel

Van die vorige besending glase het die volgende lidmate nog nie hul glase geneem nie –
Hettie Fourie
Tersia Labuscagne
Kurt Kruger
Wilhelm van der Walt

Hierdie lidmate of hul familie of vriende of kerkraadslede kan asseblief die glase neem.

WWESSKAMP

Die volgende kamp vir Werkende Wesens en Senior Studente vind DV plaas vanaf 21 tot 24 September 2018 naby Champagne Castle met tema “Wat die woorde van my hart sê” (Luk 6:45). Koste R775 pp.
Navrae ds Jacques Tredoux by 084 049 6216

HARTLIK GELUK AAN ….

Oudl Piet en sr Annet Knoester van Estoire met die geboorte van ’n kleindogter – dogtertjie van hul seun Johan en Lizl Knoester van Gauteng!

Mag die kleinding vir die ouers en grootouers baie vreugde bring en mag die Here hulle altyd ryklik seën!

KURSUS IN MAAK VAN EIE HORLOSIE

Die GK Bloemfontein-Suidheuwels bied op 29 September 2018 ’n kursus aan om ’n eie horlosie te maak.

Daar is vier opsies:
1) Horlosie van plekmatjie gemaak (R120),

2) horlosie gemaak van ’n blikbord (R150),

3) horlosie gemaak van CD (R150) en

4) volgens eie keuse.

Dit is ’n fondsinsamelingsprojek met R50 “klasgeld” en R30 vir die middagete. Meer besonderhede en inskrywingsvorms waar aangedui word wat alles saamgeneem moet word, is by ons Kerkkantoor beskikbaar.

Inskrywingsvorm en betalingsbewys moet vooraf gedoen word.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Die boodskap van versoening
bestaan daarin dat God deur
Christus die wêreld met homself
versoen het en die mense
hulle oortreding nie
toereken nie.
II Kor 5:19 NAV

 

 

Similar Posts