Nuusbrief – 24 Junie 2018
SKOOLVERLATERSKAMP
GK Cachet en Die Bult reël ’n Skoolverlaterskamp van 8 – 13 Julie by die Nooitgedacht terrein naby Potchefstroom.
Koste beloop R800 per persoon.
Meer besonderhede is by die kerkkantoor of by carlaloots96@gmail.com beskikbaar.
LITURGIE VANOGGEND
Skriflesing: I Petrus 1:22-2:10
Teksverse: I Petrus 2:1,2
‘Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery.
Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle
daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. ‘
Sang voordat die erediens begin:
Liedboek 203:1,2,3
Sang tydens die diens:
Psalm 8:1,3,4
Skrifberyming 5-4:1,2
Psalm 134:4
Psalm 105:5
Skrifberyming 19-3:1-4
DEURKOLLEKTES
Vandag se deurkollektes sal vir die GKSA se Ekumenisi-teitsfonds opgeneem word terwyl volgende Sondag se deurkollektes bestem is vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg.
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens bedien aan Anrilet Cronjé,
Verbondsdogtertjie van oudl Martin en sr Janette Cronjé van Prins-straat, Tempe.
Anrilet is ook die kleinkind van sr Titia Cronjé van Cornelhof.
Mag die Here hulle die krag en genade skenk dat hulle dié doopbelofte tot die eer van Sy naam sal nakom!
Baie hartlik geluk!
GEEN AANDDIENS VANAAND EN VOLGENDE DRIE SONDAE
Die skole het reeds gesluit en daarom sal daar nie vanaand en ook nie die volgende drie Sondae aanddienste in ons kerkgebou wees nie.
Ons herinner lidmate daaraan dat die suidelike Gereformeerde Gemeentes wel vanaand om 18:00 ’n diens in die kerkgebou van die GK Bloempark gaan hou.
Op Sondae 1, 8 en 15 Julie 2018 sal die aanddienste in diekerkgebou van die GK Bloemfontein-Suidheuwels wees.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
25 Jun:
Br Reinhardt Ackerman – 082 414 4456
Br Charl du Plessis – 082 896 4797
Sr Mgriet Landman – 051 436 4491
Br Dirk van Jaarsveld – 071 896 4797
26 Jun:
Sr Cecilia Fiedler – 078 459 2906
Sr Jacoline van Rooyen – 073 617 9222
27 Jun:
Sr Johanna Meyer – 084 585 1062
Br André van Dyk – 081 317 1201
28 Jun:
Sr Nadia Maddocks – 084 480 0039
Sr Alta van der Berg – 051 441 7677
29 Jun:
Sr Willa van der Berg – 051 436 5095
Sr Madeline Venter – 082 413 5728
GESKENKE AAN NUWE INTREKKERS
Die volgende lidmate het nog nie hul geskenke wat in die voorportaal is, afgehaal nie. Neem dit gerus:
Karen Ehlers
Kurt Kruger
Tersia Labuscagne
Bianca Pieterse
Wilhelm van der Merwe
Philip, Reinette en Pieter Venter
Taryn Webster
INTEKENING OP DIE KERKBLAD
Die intekening op die KERKBLAD verstryk 30 Junie 2018.
Tensy die skriba die teendeel verneem, neem hy aan dat alle huidige intekenare vir die volgende termyn daarmee sal voortgaan.
Nuwe intekenare is natuurlik baie welkom om aan te sluit!
OORLEDE
Met leedwese word bekend gemaak dat Mev Hanlie van Wyk, eggenote van Dr Gerrie van Wyk, emerituspredikant van
Rustenburg op 18 Junie 2018 oorlede is.
VAKATURE PRES KRUGER KINDERHUIS
Die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg beskik oor ’n vakature vir ’n Kinderversorger.
Meer besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar of kantoor1.pkk@gmail.com.
Die sluitingsdatum is 15 Julie 2018.
GEEN BEROEPENUUS IS VIR VANDAG SE NUUSBRIEF ONTVANG NIE
HARTLIK GELUK AAN …
Oudl Wikus en sr Hettie Vorster van Sewe Damme met die huwelik gister te Ladybrand,
van hul vyfde kleinkind, Francois Nel, seun van Marita.
Wikus en Hettie kon dit ongelukkig nie bygewoon nie, omdat hulle Hettie se suster,
Monica Grové, se 90ste verjaarsdag in Pretoria gevier het!
DANKWOORD
Na die afsterwe van wyle sr Rita du Preez, wil haar eggenoot, br Piet du Preez van Hillandale, graag sy dank en waardering teenoor ds Kobus betuig vir sy uiters getroue hospitaalbesoeke en gebede – selfs tot twee keer per dag!
Dit het vir hulle besonder baie beteken en gedra deur hierdie moeilike tyd!
Verder wil hy ook sy dank uitspreek teenoor alle lidmate wat op watter wyse ookal, meegevoel
betoon het!
Na afloop van die troosdiens het ’n groot aantal vriende en familie heerlike en keurig voorbereide verversings in die kerksaal geniet wat deur die susters van ons Gemeente onder leiding van sr Ester Botha bedien is.
Langs hierdie weg wil ons graag ons hartlikste dank teenoor almal wat betrokke was uitspreek, sonder om name te noem.
Dit was voorwaar voortreflik!
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël
en sien ’n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien
soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken
soos God my ten volle ken.
Kor 13:12 NAV
