Nuusbrief – 25 Maart 2018
EREDIENS OP GOEIE VRYDAG
Eerskomende Vrydag, 30 Maart 2018, is dit Goeie Vrydag en sal daar DV om 09:00 ’n erediens in ons kerkgebou gehou word.
Ds Kobus sal die erediens waarneem. Die kollekte by daardie diens sal vir Bybelverspreiding afgesonder word.
Lidmate kan gerus u vriende van hierdie diens vertel.
VERJAARSDAE
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
27 Maart:
Sr Madeleine Griesel – 082 408 8884
28 Maart:
Br Wim Brummer – 051 436 3193
Talita Robbertse – 051 436 2415
29 Maart:
Diak Rina Fourie – 082 434 0997
ONS OMGEEBOEKIE
Dit is ons voorneme om teen die einde van Maart die volgende uitgawe (die 22ste!) van die Omgeeboekie die lig te laat sien. Indien u besonderhede, soos wat dit tans in die boekie is, nie korrek is nie, moet u dit asseblief onverwyld onder die skriba se aandag bring. Ons dink hier aan veranderde telefoonnommers, adresse of ander foutiewe inligting. Verder wil ons ook graag dat elke lidmaat/gesin se foto ook daarin verskyn. Stuur asseblief ’n foto na ds Kobus (kdopper@lantic.net) sodat hy dit kan redigeer en ons dit kan plaas.
ONS DINK AAN ….
Br Wikus van der Linde van Lenyoloi Village 13 wat Saterdag 17 Maart in ’n motorongeluk in Wilcocksweg was. Hy is gelukkig nie baie ernstig beseer nie Ons bid hom en sr Yolandi die nabyheid van ons Hemelse Vader toe!
Br Jacobus Erasmus, seun van br Koos en sr Carina Erasmus van Ribblesdale wat ook in ’n motorongeluk was en ’n gebreekte rugwerwel opgedoen het. Hy is genadiglik nie verlam nie! Ons bede is dat die Here hierdie gesin altyd met Sy liefde sal toevou!
AANDDIENSTE TYDENS VAKANSIE
Volgende Sondag en ook die 9de April 2018 sal daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou word nie. Daar sal ook nie ’n aanddiens op Sondag 29 April wees nie. Op genoemde drie dae is daar gesamentlike aanddienste om 18:00 in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloempark
NUWE LIDMATE IN ONS GEMEENTE:
Met attestasie het oorgekom van die Gereformeerde Kerk Delmas: Br Wilhelm van der Merwe van Huis Welgemoed.
Ons heet br Wilhelm van harte welkom in ons Gemeente!
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK VAN SUID-AFRIKA
Geen Beroepenuus is vir hierdie Nuusbrief ontvang nie.
Ons het wel berig ontvang dat Ds HT (Hennie) de Villiers, emerituspredikant van Gereformeerde Kerk Pretoria op 19 Maart oorlede is.
VAKANTE POS
Br Jaco Kirstein laat weet dat hulle (KG Ouditeure) ’n vakante pos van Ont-vangsdame het. Meer be-sonderhede soos vereistes, kwalifikasies en dies meer is by die kerkkantoor beskik-baar.
