VANOGGEND SE EREDIENS word deur ons dominee, ds Kobus Botha gelei.
Skriflesing:
Spreuke 3: 1-18
Teksverse:
Spreuke 3: 17,18
17 Die wysheid bring ‘n ryk en ‘n vol lewe.
18 Dit is ‘n bron van lewe vir wie dit aangryp,dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.
Tema van die preek:
” Ryk en vol lewe…”
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 509: 1,4
Sang tydens die erediens:
Skrifberyming 1-1: 1,7
Skrifberyming 9-3:1,2
Psalm 20: 5,6,7
Skrifberyming 11-2:1,2,4
KOLLEKTES
Vandag se deurkollektes word vir die Geref Kerke SA se Kas Teologiese Studente te Potchefstroom opgeneem.
Volgende Sondag sal die deurkollektes vir die Geref Kerke SA se Sustentasiefonds afgesonder word.
Die kollektes onder die erediens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid
TEEBEDIENING
Die gebruiklike en baie aangename teedrinksessie na die oggenderediens word vanoggend voortgesit wanneer dit wyk Paul Rouxstraat se beurt is
Volgende Sondag is dit wyk Pentagonparkse verantwoordelikheid.
Daar is nie ’n wyksouderling in daardie wyk nie, maar met die hulp van lidmate in daardie wyk, sal die teedrinkery normaalweg voortgaan.
Melk en al die ander items word voorsien.
Ons bedank weereens die wyksouderling en sy gade (of hul plaasvervangers!) sowel as al die lidmate in daardie wyk wat help met die bediening en opruim daarna.
Ons het baie hoë waardering daarvoor!
SUSTERSAAMTREK 7 MAART 2020
Die Sustersbestuur van ons Gemeente bied hierdie jaar op 7 Maart 2020 die Sustersaamtrek van Klassis Suid-Vrystaat aan.
Dit begin om 08:00 wanneer ’n heerlike ontbyt tot 09:00 bedien word.
Die landwye tema is: “Intiem met God” en die spreker is GP van Rheede van Oudtshoorn.
Die koste beloop R150 per persoon en susters word ook vriendelik gevra om ’n donasie in die vorm van niebederfbare produkte saam te bring.
Die keerdatum vir inskrywing is eerskomende Vrydag, 7 Februarie 2020.
Susters wat die Saamtrek wil bywoon, moet asseblief hul name op die PIENK vorm indie voorportaal aanteken.
Die geld kan in die Susters se Kassie geplaas word of verkieslik elektronies in die Susters se rekening inbetaal word.
Die besonderhede is ABSA takkode 632 005 met rekeningnommer 470 341 769 met u naam, Bfn-N en Saamtrek as verwysing.
Dit moet asseblief NIE in die kerk se rekening inbetaal word NIE.
PAPIERBLOMMETJIES
Die keerdatum vir die indien van al die uitgeknipte pienk en wit papierblommetjies is VANDAG!
Daar is ’n houer in die voorportaal waarin dit geplaas kan word.
Baie dankie aan almal wat so fluks help knip het! Dit is nogal ’n groot poging!
LEë GLASBOTTELS
Die Sustersbestuur benodig heelwat gebruikte glasbottels vir die Saamtrek.
Dit kan enige grootte wees maar die etikette moet asseblief verwyder word.
Bring dit na die kerk toe waar houers in die portaal beskikbaar sal wees.
Baie dankie vir die bottels wat reeds ontvang is!
LIDMATE WAT GEDURENDE HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Sr Machteld du Plessis – 051 436 0425
San-Mari Richards – 082 906 5010
Francois van Niekerk Fowlerst – 082 290 8889
27 Januarie:
Sr Elana van Jaarsveld – 082 465 2079
28 Januarie:
Sr Hettie Bonthuys – 082 825 2877
Sr Suzanne Langer – 083 760 7489
Sr Janine Venter – 051 522 5071
29 Januarie:
Sr Elsie Coetzee – 051 433 3261
Sr Louise Fouché – 071 528 0064
30 Januarie:
Wihan Pienaar – 076 181 6764
Sr Sinta van Sittert – 082 773 2617
31 Januarie:
Miané Fouché – 051 451 1137
Elise Jordaan – 076 834 4604
01 Februarie:
Sr Ella van Belkum – 071 868 6646
’n Baie ongewone verskynsel word waargeneem: Geen belydendemanlike lidmaat (net twee seuns) verjaar hierdie week nie. Daar is nege susters en drie dogters!
ONS GROET VIR…
Br Jaco en sr Charlene Klopper van Ben Tindallstraat 39 wat reeds teen die einde van 2019 na Pretoria verhuis het maar nou amptelik met attestasie vertrek het na die Gereformeerde Kerk Rooihuis-kraal.
Hulle het teen die einde van 2014 vanaf Centurion hier ingetrek en dadelik met oorgawe by al ons aktiwiteite ingeskakel.
Br Jaco het ’n tydlank met onderskeiding as ouderling gedien en sr Charlene was ’n waardevolle lid van die Sustersbestuur.
Sy het ook uit haar eie, die tuintjie onder die moerbeiboom tussen die saal en die kerkgebou aangelê!
Mag die Here hulle in hul nuwe blyplek en nuwe Gemeente ryklik seën!
EGSKEIDINGBEDIENING
Hierdie waardevolle sessies begin DV op Maandag 3 Februarie 2020 om 18:00 tot 20:00.
Dit word in ons kerkgebou deur oudl Dirk Coetzee (082 784 1993) aangebied en die kinders van die betrokke ouers woon dit ook by.
Enigeen wat die trauma van ’n egskeiding of ’n verhouding wat verbreek is ervaar, word hartlik uitgenooi om dit by te woon.
Br Dirk kry baie goeie terugvoering van die persone wat dit reeds bygewoon het en vertel wat dié sessies vir hulle beteken!
Lidmate kan gerus ook u vriende en familie daarvan vertel
BELANGRIKE DATUMS IN DIE EERSTE KWARTAAL VAN 2020
Maandag 03 Februarie
Egskeidingsbediening begin om 18:00
Sondag 09 Februarie
Finansiële Kommissie vergadering
Sondag 16 Februarie
Breë Kerkraadsvergadering
Sondag 01 Maart
Gemeentevergadering om lidmate oor die finansies van 2019 in te lig
Saterdag 07 Maart
Sustersaamtrek
Sondag 08 Maart
Diakonievergadering om 17:00
Ouderlinge vergadering na die aanddiens
Sondag 15 Maart
Nagmaal
Gemeente-ete om 11:30
Vrydag 20 Maart
Skole sluit
Saterdag 21 Maart
Menseregtedag
Dinsdag 31 Maart
Skole open.
BENODIG VERBLYF
Diak Danie Fourie is dringend op soek na huisvesting soos ’n buitekamer of klein woonstelletjie.
As iemand kan help, skakel hom by 060 651 5135
GKSA ALMANAK 2020 EN JAARPROGRAM/KALENDER 2020
Die GKSA se Almanak 2020 is in die konsistorie by die spieël uitgepak en is teen R86 verkrygbaar.
Ons Gemeente se Jaarprogram/Kalender vir 2020 is gratis in die voorportaal beskikbaar
GLASE GESKENK
Die anonieme weldoener het weer ’n aantal glase waarop die lidmaat se naam en ons kerk se logo met sand geblaas is, gereed gekry en is in die voorportaal op die kas teen die venster beskikbaar
Dit word geskenk aan nuwe intrekkers, die jong lidmate wat in Oktober belydenis afgelê het en lidmate bo 80 jaar.
Die volgende lidmate se glase is nog nie geneem nie:
Sumari J van Rensburg
Nelmé Opperman
Andrei Potgieter
George du Plessis
Takkie du Plessis
GEDAGTE VIR DIE WEEK
21Jy moenie bang wees nie, ploegland,
jy moet bly wees en juig,
want die Here het ’n wonder gedoen.
22Julle moenie bang wees nie , vee in die veld,
want die weiveld word groen,
die bome dra vrugte,
die vyebome en die wingerd
staan in volle drag.
23Inwoners van Sion, julle moet bly wees
en juig tot eer van die Here julle God,
want Hy het die reëns betyds laat kom.
Joël 2:21-23 NAV
