VANOGGEND SE EREDIENS
Skriflesing:
1 Konings 16:29-17:9;
Jakobus 5:17,18
Teksverse:
I Konings 17:1
Elia die Tisbiet was ‘n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”
Jakobus 5:17
Elia was ‘n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 509:1,2
Sang tydens die erediens:
Liedboek 190:1,2,3
Skrifberyming 8-1:1,2
Psalm 46:3,6
VANAAND SE ERDIENS
Skriflesing:
2 Korinthiërs 12:1-10
Teksverse:
2 Korinthiërs 12:8,9
8 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.
9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
Sang voor die erediens begin:
Skrifberyming 5-3:1
Sang tydens die erediens:
Psalm 100:1-4
Psalm 20:5,6,7
Skrifberyming 20-2:1-4
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die
Diakonie se Kas van Barmhartigheid.
Die deurkollektes is bestem vir die Gereformeerde Kerke van SA
se Christelike Onderwysfonds.
Volgende Sondag sal die deurkollektes afgesonder word vir die
Gereformeerde Kerke van SA se Emeritaatsfonds.
TEEBEDIENING
Daar sal vanoggend weer koffie, tee en vrugtesap by die kerksaal bedien word.
Dit is vandag wyk Raytonse verantwoordelikheid.
Volgende Sondag is dit die beurt van wyk Santé.
Baie dankie aan al die lidmate in daardie wyke wat help met die bediening en opruiming.
Dit word regtigwaar deur almal baie hoog waardeer!!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Br Philip Olivier – 072132 7478
Diaken Hardus van Heerden – 071 123 7803
29 Julie
Sr Alida Kotzé – 083 469 5650
Sr Evelene Kruger – 074 582 5260
30 Julie
Sr Delia McClean – 072 455 8484
Br Karel van der Berg – 051 441 7677
31 Julie
Sr Henna Bouwer – 051 436 6893
Sr Lilene du Plooy – 073 207 3076
01 Augustus
Dewan de Bruin – 083 262 1230
sr Jana du Toit – 076 475 7417
Liesl van Eeden – 082 607 2407
02 Augustus
Br Evan Beyers – 083 257 5823
Br Martin Coetzee – 084 236 2698
Br Diederick Snijman – 071 127 2385
GOLFDAG VAN KINDERHUIS
Ons herinner lidmate aan die Golfdag wat die Vriendekring van die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg reël.
Die datum waarop hierdie Golfdag gehou gaan word is op die Nasionale Vakansiedag, Vrouedag, 9 Augustus 2019.
Dit word by die Golfbaan van Dewetsdorp gehou. Lidmate wat wil deelneem as speler of as borg, kan met die Kinderhuis by 051 533 0086 in verbinding tree.
Dit neem die vorm aan van “Betterball Stableford” en die inskrywingsfooi is R200 per speler.
Putjieborge beloop R500 en ander borge teen R2 000.
Skenkings van enige aard is uiters welkom.
Hierdie dag is jaarliks ’n baie groot treffer en die inkomste wat daaruit verkry word, word buitengewoon goed aangewend !
Baie dankie vir almal se aandeel en ondersteuning !
BOTSHABELO-KLEUTERSKOOL
Ons herhaal vir oulaas dié berig wat oor die Kleuterskool by Botshabelo handel waar daar baie goeie werk gedoen word.
Aangesien hulle dit nie breed het nie, doen sr Ester Botha uit eie inisiatief, namens hulle ’n vriendelike beroep op ons lidmate om met enige bydraes te help soos warm klere en skoene vir kleuters, speelgoed, skryfbehoeftes ens. Kontantbydraes is natuurlik altyd welkom!
Plaas dit in die voorportaal en merk duidelik dat dit vir die Kleuterskool is.
Baie dankie aan dié lidmate wat reeds skenkings gemaak het.
Wees verseker dat dit baie goed en verantwoordelik aangewend sal word.
EGSKEIDINGBEDIENING
Die tweede byeenkoms vanjaar het reeds begin, maar daar is nog geleentheid om hierdie waardevolle sessies by te woon.
Enige persoon wat deur, of in die trauma van ’n egskeiding is, is baie welkom om dit by te woon.
Dit begin Maandae om 18:00 in ons kerkgebou en duur 13 weke.
Ouderling Dirk Coetzee (082 784 1993) is die verantwoordelike gesprekvoer-der. Skakel hom gerus vir meer inligting of as u weet van iemand wat baat by hierdie gesprekvoering gaan vind !
NOODTOESTANDE IN NOORDKAAP
Die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Olifantshoek het ’n skrywe aan die bestuur van SDDS (Sinodale Deputate Diakonale Sake) gerig waarin hulle die noodtoestand wat binne die resort van hul Gemeente heers, onder die aandag bring.
Die omvang van die droogte is baie ernstig. Vir 4½ jaar het hulle onder-gemiddelde reënval gehad wat tot gevolg het dat daar min grasgroei was en dus nie kos vir die diere nie.
Daar is ongeveer 18 boere in hierdie Gemeente wat sterk beïnvloed word deur die uitmergelende droogte, want hulle benodig kos vir die diere. As gevolg van die swak toestand van die veld, is boere verplig om hul vee teen belaglik lae pryse te bemark.
Hulle rig die versoek dat ons aan die noodlydendes in die Noordkaap in ons gebede sal dink.
Lidmate wat graag hier ’n bydrae wil maak om die nood te verlig, kan dit aan die Diakonie gee, of direk inbetaal in die volgende rekening
Rekeningnaam: SDDS
Bankiers: ABSA
Takkode: 632 005
Rekeningnommer: 3330 141 750
Verwysing: GK Bfn-Noord vir Noordkaap
ONDERHOUD MET KERKBLAD SE REDAKTEUR
Die volgende radiogesprek wat PretoriaFM met die redakteur van die KERKBLAD gaan voer, vind DV plaas op Sondag 4 Augustus 2019 (volgende Sondag) om 07:45.
Dit word uitgesaai op 104,2FM/106.6MHZ. Aangesien ons dit nie in Bloemfontein met ons radio’s kan opvang nie, kan ons daarna luister op TV-oudio-kanaal 887.
FEESVIERINGS TEOLOGIESE SKOOL POTCHEFSTROOM 150
Die feesvierings rondom die 150ste bestaansjaar van die Teologiese Skool te Potchefstroom vind DV plaas op 18-20 September 2019.
Dit neem die vorm aan van ’n akademiese konferensie met tema: “Die impak van Gereformeerde Teologie”.
Meer besonderhede is by ons Kerk-kantoor beskikbaar of skakel 018 299 1846 of skryf aan:elsabe.labuschagne@nwu.ac.za
GEDAGTE VIR DIE WEEK:
WAPENRUSTING VAN GOD
14Bly dan op julle pos, toegerus met die
waarheid as gordel aan julle heupe,
die vryspraak deur God as borsharnas,
15en die bereidheid om die evangelie
van vredete verkondig as skoene
aan die voete.
16Daarby moet julle altyd geloofas
skild in die hand hê, want daar-
mee sal julle al die brandpyle
van die Bose kan afweer.
17Sit verlossing as helm op en vat
die swaard van die Gees,
dit is die woord van God.
Ef 6:14-17NAV
