VANOGGEND SE EREDIENS WORD DEUR DS KOBUS BOTHA WAARGENEEM
Skriflesing:
Lukas 8: 40 tot 5
Teksvers:
Lukas 8:45a
“Wie het My aangeraak?”
Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus:
“Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.”
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 577:1,2,3
Sang tydens die erediens :
Psalm 66:1,2
Skrifberyming 9-3:1,2
Psalm 119:39,40
Skrifberyming 11-2:1,2,4
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid
terwyl die deurkollektes bestem is vir die Gereformeerde Kerke in SA se Kas Teologiese Studente te Potchefstroom.
VolgendeSondag word die deurkollektes vir die Gereformeerde Kerke in SA se Sustentasiefonds afgesonder.
GEEN AANDDIENS VANAAND
Gedurende die skoolvakansies en langnaweke word daar nie aanddienste in ons kerkgebou gehou nie.
Daar is dus nie vanaand ’n erediens in ons kerkgebou nie, maar die gesamentlike aanddiens in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloempark om 18:00.
Vanaf volgende Sondagaand (14 Julie) sal hier weer soos gewoonlik, aanddienste in ons kerkgebou wees.
DIE DERDE KWARTAAL HERVAT DINSDAG IN ALLE ERNS
Na ’n drie weke lange lekker wintervakansie, heropen die skole oormôre (Dinsdag 9 Julie) weer vir die derde kwartaal.
Daarmee saam begin ons Gemeentelike aktiwiteite ook weer in alle erns!
Ons vertrou dat almal wat so bevoorreg was om elders te kon gaan uitspan, goed uitgerus het en die normale lewe weer met nuwe moed en krag kan aanpak.
Ons is ook baie dankbaar dat ds Kobus en sy gesin veilig terug is van Nederland en na ons verneem ’n baie aangename tyd by hul kinders kon deurbring.
Die katkisasieklasse vir die Hoërskooljeug begin DV weer e.k. Woensdag om 18:15 vir die Gr 8, 9&10 en 19:15 vir die Belydenisklas.
Die Bybelstudiegroepe hervat hul werksaamhede eers komende Donderdag om 09:30 en 18:30. Enige lidmaat wat nog mag belangstel om by hulle aan te sluit, kan maar net opdaag.
Volgende Sondag net na die erediens heropen die klasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders met Les 15.
Baie sterkte aan almal wat betrokke is!
TEEBEDIENING HERVAT DV VOLGENDE SONDAG
Tydens vakansies is daar nie teebediening nie.
Hierdie aangename geleentheid hervat DV weer volgende Sondag 14 Julie 2019 wanneer dit die verantwoordelikheid van wyk Paul Rouxstraat sal wees.
Alle lidmate word van harte uitgenooi om dit mee te maak, gesellig saam te kuier, mekaar beter te leer ken en om nuwe intrekkers te ontmoet.
Die wyksouderling en sy gade neem die inisiatief, bring melk, bedien koffie, tee en vrugtesap en ruim agterna weer op. Lidmate in daardie wyk neem ook deel en help met die bediening en opwas van die skottelgoed waarvoor ons baie dankbaar is.
EGSKEIDINGBEDIENING
Vanweë goeie belangstelling gaan die volgende gesprekforum weer op Maandag 15 Julie 2019 begin.
Die banier wat ouderling Dirk Coetzee teen die heining aangebring het, is grotendeels verantwoordelik vir die belangstelling daarin.
Enige persoon wat deur of in die trauma van ’n egskeiding is, is baie welkom om dit by te woon.
Dit begin om 18:00 in ons kerkgebou en ouderling Dirk is die veranwoordelike gesprekvoerder.
Lidmate kan familie en vriende hiervan vertel.
Skakel vir Dirk by 082 784 1993.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Reinhardt Lowings – 082 333 3329
Klara van der Walt – 082 300 9085
Br Jan de Wet – 084 443 0727
8 Julie:
Sr Trix Snyman – 082 361 8057
Sr Mercia van der Walt – 051 436 1313
9 Julie:
Br George du Plessis – 073 233 9274
10 Julie:
Sr Estelle Reyneke – 082 464 1551
11 Julie:
Sr Janette Cronjé – 083 940 5183
Sr Carina Fouché – 083 925 8279
Br Willie Snyman snr – 082 375 2524
Br Sarel van der Walt – 083 270 6990
Sr Ezelle van Eeden – 082 607 2407
12 Julie:
Br Pieter Fouché – 051 451 1137
Bernard van Rooyen – 083 308 4658
13 Julie:
Sr Tryna Fouché – 083 925 8279
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het vertrek na die GK Rustenburg: Sr Bettie Harvey van Richard Feethamstraat.
BELANGRIKE DATUMS IN DERDE KWARTAAL ….
Dinsdag Julie
Skole heropen vir derde kwartaal
Woensdag 10 Julie
Katkisasie vir Hoërskooljeug begin
Studentebybelstudie begin
Donderdag 11 Julie
Bybelstudie begin om 09:30 en 18:30
Sondag 14 Julie
Katkisasie vir laerskoolkinders begin. Les 15
Teebediening begin. Wyk Paul Rouxstraat is verantwoordelik
Aanddienste hervat weer om 18:00
Maandag 15 Julie
Egskeidingbediening begin. Vertel vir familie & vriende hiervan.
Vrydag 9 Augustus
Openbare Vakansiedag: Nasionale Vrouedag
Sondag 11 Augustus
Langnaweek: Geen aanddiens nie
Sondag 18 Augustus
Breë Kerkraadsvergadering na aanddiens
Saterdag 24 Augustus
Potjiekosaand
Sondag 8 September
Voorbereidingsdiens
Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit
Diakonie vergader 17:00 in kerksaal
Ouderlinge vergader na aanddiens in kerkgebou
Woensdag 11 September
Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit
Sondag 15 September
NAGMAAL
Gemeete-ete om 11:30
Donderdag 19 September
Bybelstudie sluit
Vrydag 20 September
Skole sluit
Dinsdag 01 Oktober
Skole heropen
GEDAGTE VIR DIE WEEK
15Wees baie versigtig hoe julle lewe:
nie soos onverstandige mense nie,
maar soos verstandiges.
Moet daarom nie onverstandig optree
nie, maar probeer te wete kom wat
die Here wil dat julle moet doen..
Ef 5:15,17NAV
