Nuusbrief – Sondag 21 Maart 2021
Die eredienste word ds Kobus Botha, ons dominee, waargeneem.
EREDIENS:
Skriflesing:
Nehemia 6: 1-16
Teksverse:
Nehemia 6: 9 & 16
Gesange gedurende die erediens:
Psalm 147:1,5
Skrifberyming 5-4: 1 & 2
Psalm 23:1 & 2
Skrifberyming 11-2: 1,2 & 4
HUIDIGE EREDIENSTE:
Vanweë die langnaweek sal daar vanoggend net een erediens wees.
Daar sal nie vandag katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders wees nie.
Volgende Sondag sal daar DV weer twee eredienste om 08:30 en 10:00 gehou word.
Die katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders sal direk na die tweede diens gehou word.
Lidmate wat die twee dienste wil bywoon moet asseblief steeds hul teenwoordigheid met die skriba bevestig asseblief.
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word. Die kollekte vir Bybelverspeiding word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.
KATKISASIE
Geen Katkikasie vandag
ATTESTASIES
Met attestasie het vertrek na die Gereformeerde Kerk George:
Br Louw de Bruin en egg sr Rachel de Bruin en gedoopte kinders Dewan de Bruin en Milah de Bruin.
Met attestasie het oorgekom van die Gereformeerde Kerk Pietersburg:
Sr Elrike Wolmerans, woonagtig te Mediese Koshuis UV.
Ons heet sr Elrike van harte welkom in ons Gemeente en wens haar baie sterkte en seën toe met haar studies!
Gelukwense aan Senior Lidmate wat hierdie week verjaar:
Sr Rina Coetzee van Waverley Gardens verjaar vandag
Sr Corrie van Jaarsveld van Sewe Damme verjaar Woensdag
Baie hartlik geluk!!
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR –21 Maart tot 27 Maart 2021
Hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag
Sr Rina Coetzee – 082 780 6588
22 Maart
Sr Elsie van Tonder – 082 296 4381
Br Herklaas Venter – 082 826 0689
23 Maart
Br Wilhelm Loretz – 082 930 5590
Br Deon Nel – 082 688 3138
24 Maart
Ouderling Foch-Henri de Witt – 083 662 3462
Sr Jurien Smits – 072 482 3280
Sr Hannetjie van der Berg – 084 588 4324
Sr Corrie van Jaarsveld – 082 339 9399
27 Maart
Sr Madeleine Griesel – 082 408 8884
