Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Sang voordat die erediens begin.
Skrifberyming 12-3: 1 & 2 en 12-5
Lofsang
Psalm 105:1 & 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Psalm 119: 62 & 63
Doop
Psalm 134: 4
Gebed
Sang
Psalm 105: 5
Skriflesing
Psalm 22
Teksverse
Psalm 22: 11
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 14-2: 1 & 2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
Om die verspreiding van die Corona-virus te beperk, neem ons nie tans in die erediens kollektes op nie omdat te veel persone dan die sakkie moet hanteer. Daarom word BEIDE kollektes by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Sustentasie bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
Die Sustentasiefonds het ten doel om kerke wat nie finansieël onafhanklik kan bestaan nie, by te staan sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe voorposgemeentes te stig waar die Woordverkondiging dringend noodsaaklik is.
DOOPPLEGTIGHEID
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens bedien aan Jan Sauer, verbondskindjie van Sr Mart-Mari Sauer. Ons wens haar en haar familie van harte geluk en ons bede is dat sy die krag en genade sal ontvang om klein Jan op te voed in die vrese van Sy naam.
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Serenitas en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag is dit die wyk Sewe Damme se verantwoordelikheid.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het vertrek uit ons Gemeente na die Gereformeerde Kerk Bloemburg:
Sr Isabel Vorster en Sr Danielle Vorster van Ryno Krielstraat 109.
Verder word Sr Mart-Mari Sauer van Piet du Plooystraat 8 opgeneem in die gemeenskap van die Gereformeerde Kerke.
Ons heet hierdie lidmaat van harte welkom in ons midde en vertrou dat sy baie gelukkig hier sal wees.
BYBELSTUDIE
Ons herinner u graag daaraan dat daar DV vanmiddag om 17:00 geleentheid gaan wees vir lidmate om hier by die kerk bymekaar te kom om Bybelstudie te doen onder leiding van ds Kobus. Die behoefte aan so ‘n geleentheid is deur lidmate uitgespreek wat nie noodwendig in ‘n posisie is om die bestaande Bybelstudie-sessies op Donderdae (wat terloops steeds sal voortgaan) by te woon nie. Almal is egter hartlik welkom om dit mee te maak en die kinders ook saam te bring sodat hulle lekker kan saamspeel. Die aanvanklike idee is om een keer ‘n maand op ‘n Sondagmiddag bymekaar te kom.
GEMEENTEVERGADERING
U word daaraan herinner dat die Gemeentevergadering wat volgens die Jaarprogram vanoggend na die erediens sou plaasvind, verskuif is na 10 April 2022.
Tydens dié vergadering sal ‘n opsomming van ons gemeente se finansiële state vir 2022 aan die gemeente voorgehou word.
ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Gelukwense aan senior lidmate wat hierdie week verjaar
Br Charles du Preez84 van Gratias 24 wat vandag verjaar.
Br Hannes Fourie77 van Woodland Heights 20 wat Dinsdag verjaar.
Sr Adelé Roberts73 van Alpine no 2 wat Woensdag verjaar
Vandag
Br Charles du Preez – 083 427 7896
28 Februarie
Sr Elna de Bruin – 083 325 1160
1 Maart
Sr Estelle Ackerman – 082 935 3858
Sr Ronel Coetzee – 083 743 8137
Sr Chane lle Fouché – 083 925 8279
Br Hannes Fourie – 082 923 5412
Br Neil Meyer – 076 166 9421
Sr Christi Storm – 051 422 4811
Sr Natasha van Heerden – 072 130 6690
2 Maart
Br Piet Mosca Jnr – 071 352 8915
Sr Adelé Roberts – 073 137 4991
3 Maart
Marlise de Witt – 083 662 3462
Sr Ida van Eeden – 082 607 2407
4 Maart
Sr Petro du Plessis – 084 207 7901
5 Maart
Sr Sonelle van der Linde – 076 338 5367
VERLORE ITEMS
Tradisioneel bly daar altyd ‘n paar items agter in die saal en kombuis na afloop van ‘n funksie.
Daar is nou weer ‘n aantal items op ‘n tafel in die saal uitgepak wat nie aan die kerk behoort nie.
Lidmate word vriendelik versoek om te gaan kyk of daar nie items is wat bekend lyk nie.
BELANGRIKE DATUMS OM VAN KENNIS TE NEEM
Sondag 06 Maart
Breë Kerkraadsvergadering
Ouderlinge/Diakonie vergadering
Katkisasie afsluiting
Sondag 13 Maart
Nagmaal
Gemeente-ete
Donderdag 17 Maart
Skole sluit
Maandag 21 Maart
Menseregtedag
Dinsdag 05 April
Skole open
Sondag 10 April
Gemeentevergadering
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
