Oggenddiens – 20 Desember 2020
Die erediens is deur ds Kobus, ond herder en leraar,
Tydens die erediens is die Sakrament van die Heilige Doop aan Petri du Toit bedien. Hy is die seuntjie van ouderling Barnie en suster Jana du Toit.
Teksverse:
Mat 1:2 Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers;
Mat 1:3 Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram;
Mat 1:4 Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon;
Mat 1:5 Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai;
Mat 1:6 Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;
Mat 1:7 Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa;
Mat 1:8 Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia;
Mat 1:9 Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia;
Mat 1:10 Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia;
Mat 1:11 Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.
