Nuusbrief – 21 April 2019
VANDAG SE EREDIENS
Skriflesing:
Lukas 24: 36-43
Romeine 6: 1-11
Teksvers:
Romeine 6:4
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 514: 1,2
Sang tydens die erediens:
Liedboek 422: 1,2,3
Skrifberyming 8-1: 1,2
Psalm 134: 4
Psalm 105: 5
Skrifberyming 11-2: 1,2,4
KOLLEKTES
Die kollektes onder die erediens word soos altyd opgeneem vir die Diakonie se kas van Barmhartigheid
terwyl die deurkollektes vir die Gereformeerde Kerk van SA se Deputate Jeugsorg afgesonder word.
Volgende Sondag sal die deurkollektes vir die Gereformeerde Kerk van SA Kas Teologiese Studente opgeneem word.
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend tydens die erediens aan Annabella Jordaan bedien.
Sy is die verbondsdogter van br Frans en sr Annemi Jordaan van Nelspruit.
Ons wens hulle van harte geluk en bid dat die Here hulle besonder sal begenadig om hierdie Doopbelofte tot die eer van Sy naam uit te voer.
Annabella is die kleindogter van ouderling Gert en sr Esther Jordaan van Langenhovenstraat 49.
Ons wens hulle ook van harte geluk!! Dis wonderlik om die Verbond van ons Hemelse Vader so van geslag tot geslag te kan belewe!
GEEN AANDDIENS VANAAND NIE
As gevolg van al die langnaweke, sal daar NIE vanaand en ook nie die volgende Sondagaand ’n aanddiens in ons kerkgebou wees nie.
Daar is wel ’n erediens by Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidhheuwels wat lidmate kan bywoon.
ONS DINK AAN ….
Br Fanie en sr Martie le Roux van Santé.
Br Fanie ondergaan môre ’n skouervervangingsoperasie.
Dit volg enkele maande nadat sr Martie ’n knievervangingsoperasie gehad het.
Ons bid hulle die nabyheid van die Here toe en dat die operasie en die herstelproses suksesvol afloop!
LIDMATE TER APPROBASIE
Tydens die Kerkraadsvergadering van 14 April is eervolle ontslag toegestaan aan oudll Nico Beek (Serenitas) en Jaco Klopper (Brandwag).
Dr Frans de Bruyn sal met die oog op die Junie-Nagmaal DV die lidmate in wyk Serenitas besoek.
Wyk Brandwag het net drie besoekpunte oor en hulle sal by ander wyke ingedeel word.
Die name van die volgende lidmate word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou as diakens kan dien:
Br Willem en sr Bambie Bonthuys van Mount Cedar w/s 408 en
br Johan Roux van Plot 9 Ribblesdale.
Ons bid hierdie lidmate die seën van die Here toe by die oorweging van dié roeping!
Indien hulle dit opvolg sal die bevestiging DV op Sondagaand 5 Mei 2019 plaasvind.
Eervolle losmaking uit die amp van ouderling ook aan oudll Beek en Klopper verleen sal word.
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk !
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Diak Dané Klopper – 078 509 2952
23 April:
Alex Klopper – 051 436 2119
Br Martin de Klerk – 071 978 8555
24 April:
Br Grové Coetzee – 083 498 6200
Br Andries Coetzee – 073 472 2487
25 April:
Janco Aucamp – 073 496 5945
Br Jeff Coetzee – 083 294 9445
25 April:
Sr Luchell Coetzee – 079 523 4065
Hanno Geldenhuys – 082 822 3300
Br Bernie van der Walt – 051 436 3582
Nica de Beer – 082 789 6793
26 April:
Sr Ine-Mari Smith – 073 151 9232
Oudl Louis Steyn – 051 436 1290
Sr Marietjie Viljoen – 082 673 8939
LIDMAATREGISTER
Opgeneem in die gemeeskap van die Gereformeerde Kerke:
Br Johan Myburgh van Carel van Pletzenlaan 3 in die wyk Navalsig.
Ons heet br Johan van harte welkom terug in die Gereformeerde Kerk en vertrou dat hy baie gelukkig hier sal wees.
DIAKONIE ONTHAAL SENIOR LIDMATE
Dit is ’n opregte behoefte van die Diakonie om weer ’n slag alle Senior Lidmate, so van 60 jaar en ouer te trakteer!
Dit sal DV plaasvind op Saterdag 11 Mei 2019 om 10:00 in die kerksaal.
Dit neem die vorm aan van uitsonderlike heerlike sop en broodjies!!
Diegene wat belangstel om dit by te woon moet asseblief u naam op die liggeel vorm wat in die voorportaal is, aanteken.
Dui ook aan of u vervoer benodig. Die skakelpersoon is diak Rina Fourie (082 434 0997) wat vir enige navrae geskakel kan word!
VERFRAAIING VAN DIE KERKTERREIN
Die Kerkraad het met sy laaste vergadering met baie groot dank en hoë waardering kennis geneem van die verfraaiing van die kerkterrein.
Die werk van die Eiendomskommissie (EK) onder die leiding van oudl Erik van Driel in hierdie verband is by herhaling genoem.
Die EK is nog steeds besig met die aanplanting van gewasse.
Hulle verneem graag of daar vanuit die Gemeente, lidmate is wat die sg woestyn-rosies aan die kerk kan skenk sodat dit aangeplant kan word.
Dit gebruik min water en sal inpas by die uitleg van die tuin.
Skakel gerus vir oudl Erik (083 287 1047) of die koster, oudl Pieter du Plessis (082 570 1804) as u kan help!
Enige ander plante wat min water benodig sal ook baie welkom wees!
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Saterdag 27 April
Openbare vakansiedag: Vryheidsdag
Woensdag 01 Mei
Openbare vakansiedag: Werkersdag
Saterdag 11 Mei
Diakonie onthaal Senior Lidmate Kerksaal10:00
Sondag 19 Mei
Pinkstersondag
Donderdag 30 Mei
Hemelvaartsdag. Erediens om 18:00
Saterdag 01 Junie
KERMIS
Sondag 02 Junie
Voorbereidingsdiens
Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit af
Diakonie vergader 17:00
Ouderlinge vergader na die aanddiens
Woensdag 05 Junie
Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit af
Sondag 09 Junie
NAGMAAL
Gemeente-ete 11:30 kerksaal
Donderdag 13 Junie
Bybelstudie sluit af
Vrydag 14 Junie
Skole sluit
Maandag 17 Junie
Openbare vakansiedag agv Sondag se Jeugdag
Dinsdag 09 Julie
Skole heropen
Die April-uitgawe van die KERKBLAD is in die voorportaal vir intekenare beskikbaar
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Deur sy groot liefde het Hy ons wat
dood was as gevolg van ons
oortredings, saam met
Christus lewend gemaak.
UIT GENADE IS JULLE GERED.
Ef 2:5 NAV
