Prof Johan Janse van Rensburg gaan vanoggend die erediens lei. 

 DIE EREDIENS VANOGGEND

 Ds Kobus is vanoggend nog uitstedig nadat hy gister in Pretoria vir sr Theuné van der Walt, dogter van br Nico en sr Lizelle van der Walt van Miner-weg 10, in die huwelik bevestig het. 

Ons hartlikste gelukwense gaan aan die Van der Walt-gesin!

 Ons is baie dankbaar en bevoorreg dat prof Johan Janse van Rensburg vanoggend die ere-diens hier gaan lei. 

Prof Johan is ’n afgetrede  professor in die Departement Praktiese Teologie aan die plaaslike Fakulteit Teologie, is nog aktief besig en ten nouste betrokke by die Engelstalige NG Gemeente Andrew Murray.

Dit is reeds die sewende keer dat hy hier preek en dit beteken vir ons elke keer geweldig baie.

Ons bid hom en sy eggenote die seën van die Here toe en spesifiek vir hom vanoggend by die verkondiging van die Woord van die Here!

 LITURGIE VANOGGEND

 Die HERE groet ons met Sy seen

Lofsang

Liedboek 190:1,2,3

Ons Bely ons geloof

Apostoliese Geloofsbelydenis

Verootmoediging

Wet volgens Deut 6:4-9

Sang

Skrifberyming 9-3:1,2

Na gebed

Psalm 119:7,33

Skriflesing:

Daniël 6

Slotsang

Ps 145:1,2,12

Die HERE stuur ons weg met Sy seen

KOLLEKTES

Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word. 

Die kollekte vir die GKSA se Thusofonds word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk

Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.

 KATKISASIE

 Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders open DV vanoggend direk na die erediens. 

 Daar sal nie teebediening wees nie.

 DIE NUUSBRIEF

 Vir die eerste keer na 22 Maart 2020 is daar weer vanoggend ’n Nuusbrief wat as gevolg van die Corana-virus sedertdien nie kon verskyn nie.

Ons is baie dankbaar daarvoor! 

Dit sal ook op ons Gemeente se webblad verskyn.

 NUUS VAN DIE SUSTERS

Die Sustersbestuur wil graag die volgende sake aan ons susters voorlê:

Geldelike bydrae

Van elke suster word ’n jaarlikse bedrag van R150 gevra.

Hierdie geld word vir verskeie sake aangewend en tans het hulle ’n groot behoefte aan nuwe tafel-doeke en ook ’n nuwe mikrogolf-oond. 

Om die kontrole soveel makliker te maak, kan die bedrag  verkieslik elektronies in hul bankrekening inbetaal word. 

Die rekeningnommer by ABSA, (tak-kode 632005), is: 0470 341 769.

 Hulp benodig

Die Sustersbestuur benodig hulp tydens die tee-en-verversings wat na ’n begrafnisdiens in die saal aangebied word. 

Hulp is in die vorm van die maak van toe-broodjies, teebediening en opwas agterna. 

As u kan help, skakel asseblief vir sr Ester (072 784 9451) sodat u naam op die lys kan kom!

 Boeke

Skenkings van boeke word gereeld ontvang. 

Hiedie boeke word in die koffiehoekie in die saal uitgepak.

Gaan kyk gerus daarna, neem daarvan om te lees en bring dit dan weer terug

 Babaklere

Babaklere vir ’n seuntjie wat in Junie gebore word, word dringend gevra.

Bring dit Sondae kerk toe en oorhandig aan oudl Pieter du Plessis wat soggens in die portaal die kerkgangers kontroleer.

 Baie dankie vir u aandag!

 HEMELVAARTDIENS

Eerskomende Donderdag, 13 Mei, herdenk ons DV die Hemelvaart van ons Here Jesus Christus by wyse van ’n erediens om 18:00 wat deur ds Kobus gelei gaan word. 

Die kollekte wat dan opgeneem gaan word, is bestem vir Bybelverspreiding.

Dit bly steeds noodsaaklik dat u u name vooraf by die skriba opgee indien u die diens wil bywoon asseblief!

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. 

Baie hartlik geluk! 

10 Mei:

Sr Nandi Lubbe – 083 678 6645

11 Mei:

Br Louw van der Walt – 076 840 0713

13 Mei:

Br BJ Vorster – 076 135 0487

14 Mei:

Br Boeta de Scande – 076 485 9923

Ouderling Pieter Knoester – 083 4128 461

15 Mei:

Anel van der Bijl – 082 303 8046

 Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

 GEDAGTE VIR DIE WEEK

31Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie;

32as Hy beproewing oor ’n mens gebring het,

ontferm Hy Hom weer,

want sy liefde is groot.