Ds Kobus Botha (ons herder en leraar)  gaan vanoggend die erediens lei. 

 LITURGIE VANOGGEND

 Die HERE groet ons met Sy seën

Lofsang

Psalm 146:1,4,8

Ons Bely ons geloof

Verootmoediging – Die wet

Sang

Psalm 119:6,7

Na gebed

Skrifberyming 5-3:1,2

Skriflesing:

Openbaring 1:1-20

Slotsang

Liedboek 464:1,4

Die HERE stuur ons weg met Sy seën

KOLLEKTES

Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word. 

Die kollekte vir die GKSA se Kas Teologiese Studente word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas en dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk

Die diakens wat die kollektes opneem, sal lidmate verdere verduidelikings gee indien nodig.

 EREDIENSTE GEDURENDE INPERKINGSTYD

Dit is vandag die 423ste dag sedert die inperkings as gevolg van die Corona-virus deur die Staat in werking gestel is. 

Dit het beteken dat ons nie die normale eredienste kon hou nie.  Vir etlike Sondae kon ons glad nie byeenkom nie en dit het ons ook op stoflike gebied skade berokken.  Die Diakonie het ook daaronder gely.

Danksy die  tegnologiese eeu waarin ons leef en danksy ds Kobus se moeite om die preek vir ons te WhatsApp, kon ons darem tot ’n mate die band van gelowiges ervaar en was dit later wonderlik om weer erediens-te te kon hou.  Eers net 50 persone, later 100 en ons het selfs die diens herhaal. 

Baie dankie aan ds Kobus vir sy gesindheid om die herhaling te doen!

Nou kan ons die helfte (170 lidmate) van die gebou se kapasiteit  in ’n diens byeenbring.

Ons moet egter nog steeds maskers dra, hande en die gebou ontsmet en volledig rekord hou van die persone wat die diens bywoon.  Daarom word dit nog steeds van lidmate verwag om die skriba in kennis te stel as en wanneer hulle die diens gaan bywoon.  Stuur sommer ’n WA of SMS na Wikus Vorster by 083 475 6777.  

Lidmate wat die dienste baie gereeld bywoon kan met hom reël sodat hulle name permanent op die lys is en kan hom dan net in kennis stel as hulle NIE kan kom nie.  Reël net met hom.  Baie dankie

 KATKISASIE

 Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders open DV vanoggend direk na die erediens. 

 Daar sal nie teebediening wees nie.

 OORLEDE

Met leedwese maak ons bekend dat sr Estelle Reyneke op Maandag 17 Mei 2021 in Worcester in die ouderdom van 77 jaar oorlede is.

Wyle sr Estelle en br Koos Reyneke het in Mei 1988 vanaf Vaalharts by ons Gemeente aangesluit.  Br Koos was as ’n professor verbonde aan die Fakulteit Geneeskunde van UV.

Hulle was baie getroue en meelewende lidmate van ons Gemeente waar br Koos ook as ouderling gedien het.  

Hulle was woonagtig te Hillandale Aftree-oord en nadat sr Estelle ernstig siek begin word het, het hulle in Oktober 2020 na Worcester verhuis, waar hulle dogter Maria as geneesheer praktiseer. 

Ons harte gaan uit na br Koos en hul kinders en kleinkinders, veral sr Jacoline van Rooyen en haar dogter Estelle van The Ridge 11

 Mag die Here hulle elke dag naby wees en deur die werking van die Heilige Gees ryklik vertroos

 HARTLIK GELUK AAN…

Dr Frans de Bruyn van Valley Court wat DV eerskomende Saterdag verjaar. 

Mag die Here vir hom en sr Petro ryklik seën en goeie gesondheid, krag en genade skenk!! 

Ons bedank hom opreg vir die belangrike werk wat hy in God se Koninkryk doen! 

Hy preek byvoorbeeld baie gereeld in Ladybrand en ander Gemeentes, doen huisbesoek, hou kerkraadsvergaderings en bedien Nagmaal daar. 

Verder is hy as ons hulpdienspredikant baie bedrywig in ons eie Gemeente waar hy in vyf vakante wyke baie getrou en met oorgawe huisbesoek doen.  Dit is in die wyke Aliquando, Jan Wikenstraat, Langenhovenpark 3, Pentagon-park en Sewe Damme. 

Ons dank die Here vir die gawes wat Hy hom gegee het, wat hy so goed gebruik en bid dat die Here hom nog lank in hierdie opsig in Sy diens sal gebruik!! 

Baie geluk dr Frans!!

 ONS DINK VERDER AAN….

Sr Leonie Coetzee van Groenvlei wat ’n knievervangingsoperasie ondergaan het. 

Ons bede is dat die Here vir haar en br Jeff en hul kinders elke dag naby sal wees en spoedige herstel sal skenk.

Oudl Wikus en sr Machteld du Plessis van Charolaisstraat 10. 

Br Wikus se ouers, emeritusdominee Jansie en sr Lil du Plessis van Parys (ds Jansie het al by meer as een geleentheid die erediens hier by ons gelei!) is agv die Corona-virus in Potchefstroom in die hospitaal opgeneem. 

Hulle toestand is ernstig maar dit het teen Saterdag gelukkig reeds effens verbeter, veral by ds Jansie.

Ons dra ds Jansie en sr Lil op aan die Genadetroon van ons Hemelse Vader.  Mag Hy hulle elke dag met Sy liefde omvou!

Br Giel Viljoen van Genl Dan Pienaarrylaan 89 wat in die hospitaal opgeneem is.  (Dit hou nie verband met Covid-19 nie!). 

Ons bede is dat die Here hom en sr Cora kennelik naby sal wees en dat die tyd in die hospitaal tot sy voordeel sal wees!

 VERJAARSDAE

 Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.

 Baie hartlik geluk!

 23 Mei:

Sr Ronél van der Walt – 051 436 3582

Br Fanus le Roux – 082 900 9561

24 Mei:

 Br Jorrie Jordaan – 082 787 7177

Br Kurt Kruger – 078 016 9859

25 Mei:

Sr Marlien Jansen van Vuuren – 079 136 1945

26 Mei:

Kara Otto – 082 762 7892

Br Manie Pretorius – 083 462 0958

26 Mei:

Sr Christine de Wet – 093 391 8052

27 Mei:

Sr Rosalien Roode – 051 436 2433

Br Peter Vivier – 051 436 1529

29 Mei:

Dr Frans de Bruyn – 082 776 6826

Br Gerhard Landman – 083 454 3302

Suhané Maritz – 079 039 8611

Sr Karen Venter – 076 717 0653

 Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

 FONDSINSAMELINGAKSIES

Fondsinsamelingsaksies word beplan om die gemeente se fondse te versterk. 

Die Gemeentefunksiekommissie (GFK) het aandag daaraan gegee en ons kan die volgende inligting deurgee:

  • Weens die Covic-19 probleme het hulle besluit om nie vanjaar ’n Kermis te hou nie (dit sou op 3 Junie plaasgevind het).

          Daar sal egter ander geleenthede geskep word.

  • Die eerste is vleisverkope op Vrydag 2 en Saterdag 3 Julie 2021.

          Hulle vra dat lidmate wat wil help met die vleisbewerking op 19 Junie 2021 en ook by die verkoop van die vleis op

          2 en 3 Julie 2021 vir ouderling Francois Venter by 082 229 4411 sal skakel.

Lidmate wat graag beeste of skape wil skenk (wat uiters welkom sal wees!) moet asseblief met

ouderling Piet Knoester by 072 991 8882 in verbinding tree.

           Die pryse en hoeveelhede van die vleis sal nader aan die verkoopdatum bekend gemaak word.

  • Verder beplan hulle op 30 Julie 2021 ’n Kerrie-en-rysverkoping en op 27 Augustus 2021 verkoping van hamburgers.

 Ons bedank die GFK vir hul reelings en vertrou dat ons lidmate dit goed sal ondersteun.

 BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL

Terwyl die skoolkwartale nou bietjie anders verloop as wat in ons kerk se Jaarprogram opgeneem is, noem ons enkele belangrike datums sodat ons almal ons sake daarvolgens kan inrig.

Woensdag 16 Junie

Openbare vakansiedag, geen katkisasie

Sondag 20 Junie:

Voorbereidingsdiens

Diakonievergadering 16:00 kerksaal

Ouderlingevergadering 16:00 kerkgebou

Katkisasie vir Laerskoolkinders sluit

Sondag 27 Junie

Nagmaal en Gemeente-ete

Woensdag 30 Junie

Katkisasie vir Hoërskooljeug sluit af

Donderdag 8 Julie

Bybelstudie sluit af

Vrydag 9 Julie

Skole sluit

Maandag26 Julie

Skole begin weer

Sondag 19 September

Nagmaal en Gemeente-ete

Sondag 28 November

Nagmaal en Gemeente-ete

 GEDAGTE VIR DIE WEEK

Toe het God gesê:

26“Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger,

ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see,

die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere

en al die diere wat op die aarde kruip”

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger,

as  beeld van God het Hy die mens geskep,

man en vrou het Hy hulle geskep.

Genesis 1:26,27