Ds Kobus Botha, ons dominee, lei vanoggend die erediens.

LITURGIE VANOGGEND

Afkondigings

Sang voordat die erediens begin.

Skrifberyming 12-4: 1 tot 3

Die HERE groet ons met Sy seën !

Lofsang

Skrifberyming 1-6: 1 tot 3

Ons Bely ons geloof

Twaalf Artikels

Die wet

Sang

Psalm 25: 5 & 6

Gebed

Sang

Psalm 66: 7

Skriflesing & teksverse

1 Korinthiërs 3: 1 tot 23

Prediking

Slotsang;  

Skrifberyming 15-1: 1 tot 4

Die HERE stuur ons weg met Sy seën !

Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN

DEURKOLLEKTES

Om die verspreiding van die Corona-virus te beperk, neem ons nie tans in die erediens kollektes op nie omdat te veel persone dan die sakkie moet hanteer.  Daarom word BEIDE kollektes by die deure opgeneem. 

Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir die Evangelisasie in Natal bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word

LIEF EN LEED

Ons dink aan die volgende lidmate:

Sr Marriëtte Klopper van Dersleyweg wie se broer die afgelope week oorlede. Ons dink ook aan haar man Steva en dogter Alex. Ons dra hulle in ons gebede op aan ons Hemelse Vader. Mag Hy hulle versterk in hulle uur van beproewing.

Br Karel van der Berg wat gedurende die komende week ‘n pasaangeër ontvang. Ons bede is dat hy en sr Alta die nabyheid van die Here sal ervaar en word ‘n spoedige herstel hom toegewens.

HAMBURGERAAND

Gister se Hamburgeraand was ‘n  groot sukses en wil ons graag die Gemeentefunksiekommissie wat gemoeid was met die reëlings, hartlik bedank. ‘n Spesiale woord van dank word

uitgespreek teenoor diegene wat die funksie ondersteun het en sodoende verseker het dat dit ‘n sukses was.

Ons sal DV volgende week vir u in kennis stel aangaande die opbrengs van die aand.         

TEEBEDIENING

Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.

Dit is vanoggend die beurt van wyk Pentagon-park.

Dié wyk is tans vakant maar ons is seker daar sal ge-noeg helpers wees en daarom word almal wat daarmee behulpsaam is, byvoorbaat bedank.

Volgende Sondag is dit wyk Paul Rouxstraat se verantwoordelikheid.

LIDMAATREGISTER

Met attestasie het vertrek uit ons Gemeente na die Gereformeerde Kerk

Cachet: Br Louwrens de Beer van Clarensstraat 7.

Stellenbosch: Sr Jana Landman van Louis Bothastraat 20.

VERJAARSDAE

Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. 

Baie hartlik geluk! 

Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

Vandag

Br Johan Coertzen – 083 286 3359

Br Abie Kruger – 082 339 1839

Br Manie Wilken – 083 949 8645 

7 Februarie

Winay Venter – 073 153 9720

Sr Henda van der Walt   – 062 606 1352

 Br Frans Labuschagne  

8 Februarie

Sr Micarla du Plessis  – 051 436 8327              

Sr Hettie Vorster – 051 436 3213

10 Februarie

Sr Daleen Fourie  – 082 412 6238

11 Februarie

Br Willem du Plessis – 082 440 9452

12 Februarie

Br Drikus Klopper  – 072 871 6977

Br Jan Schutte – 051 436 4275

Br Willie Viljoen  – 051 436 6893

EGSKEIDING- EN GELIEFDE OORLEDE ONDERSTEUNINGSESSIES

(Uitreikaksie van ons Gemeente)

Hierdie waardevolle sessies word Sondagmiddae te Paul Rouxstr 50 aangebied.Albei die sessies duur dertien weke.

Die koste van elke reeks beloop R195.00.

Persone wat die trauma van ‘n egskeiding ervaar, is welkom om dit DV Sondagmiddae vanaf 17h00 tot ongeveer 19h00 by te woon. 

Die Geliefde Oorlede ondersteuningsessies begin DV 15h00 tot ongeveer 17h00 elke Sondagmiddag.

Enigeen wat van hierdie sessies wil bywoon, is baie welkom om vir Dirk Coetzee (082 784 1993 of dirk@gkbfnnoord.co.za) te kontak vir meer inligting.

BELANGRIKE DATUMS VIR DIE EERSTE KWARTAAL

Maandag 07 Februarie

Bedieningskommissie vergadering

Sondag 13 Februarie 

Breë Kerkraadsvergadering

Sondag 27 Februarie

Gemeentevergadering oor 2020 se finansiesSondag

06 Maart              

Ouderlingevergadering

Diakonievergadering                                        

Katkisasie afsluiting

Sondag 13 Maart              

Nagmaal

Gemeente-ete

Donderdag 17 Maart

Skole sluit

Maandag 21 Maart 

Menseregtedag

Dinsdag 05 April  

Skole open

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie;

as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het,

ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot:
dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring
.