Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Psalm 93: 1 & 2
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Liedboek 203: 1, 2 & 3
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Liedboek 334: 1 tot 4
Gebed
Sang
Psalm 91: 5 & 6
Skriflesing
Lukas 19: 28 tot 48
Teksvers
Lukas 19: 41 & 42
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 10-2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Bybelverspreiding bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
LIDMATE TER APPROBASIE AS KERKRAADSLEDE
Die name van die volgende lidmate word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou om te dien as diakens:
- Sr Anél Havenga, Graceland 23
- Br Koos du Pisanie, Monte Video 40
- Br Piet Mosca, Ben Tindallstraat 10
- Br Pieter van Rooyen, Winterstraat 13
Ons bid hierdie broeders en suster die seën van die Here toe by die oorweging van die roeping. Dis werklik iets besonders om in diens van die Here en Sy kerk te mag wees!
BYBELSTUDIE
Die twee Bybelstudiegroepe wat Donderdae byeenkom, het reeds hulle bedrywighede vir die kwartaal afgesluit en sal dit weer DV op 07 April 2022 hervat.
GEMEENTEVERGADERING
U word daaraan herinner dat die Gemeentevergadering wat volgens die Jaarprogram vanoggend na die erediens sou plaasvind, verskuif is na 10 April 2022.
Tydens dié vergadering sal ‘n opsomming van ons gemeente se finansiële state vir 2022 aan die gemeente voorgehou word.
ZAPPER–TOEPASSING BETALINGSMETODE
Om bydrae’s en kollektes te vergemaklik, word lidmate versoek om die Zapper-toepassing van die “Google Play Store” af te laai om sodoende in staat te wees om die kode wat hieronder verskyn, te skandeer. Die bedoeling is nie om die bestaande metodes van betaling te vervang nie, maar om as ‘n aanvullende metode te dien om die afdra van u maandelikse bydrae’s, asook kollektes, te vergemaklik.
Daar sal ook later ‘n kode vir Diakonale bydrae’s beskikbaar wees.
Zapper QR-kode vir maandelikse bydrae’s en spesiale kollektes
ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Sr Corrie van Jaarsveld88 van Sewe Damme 53 wat Donderdag verjaar.
BELYDENDE LIDMATE
Vandag
Br Marco Mason – 071 880 9692
22 Maart
Br Herklaas Venter – 082 826 0689
Sr Elsie van Tonder – 071 604 1736
23 Maart
Br Wilhelm Loretz – 082 930 5590
Br Deon Nel – 082 688 3138
24 Maart
Sr Jurien Smits – 072 482 3280
Br Foch-Henri de Witt – 083 662 3462
Br Johan du Plessis – 060 826 7721
Sr Hannetjie van der Berg -084 588 4324
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het.
So het Hy Hom dit voorgeneem,
Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
Efesiërs 1: 11
