Nuusbrief – 15 Julie 2018
VANOGGEND SE EREDIENS
Skriflesing:
Psalm 22:1-23
Teksverse:
Psalm 22:11
Sang voor die erediens begin:
Liedboek 203: 1,2,3
Sang tydens die erediens:
Liedboek 190: 1,2,3
Skrifberyming 9-3: 1,2
Psalm 134: 4
Psalm 105: 5
Skrifberyming 11-2: 1,2,4
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP
Die Sakrament van die Heilige Doop word vanoggend deur ds Hennie Schutte bedien aan Suhané Maritz, Verbondsdogtertjie van br Pieter en sr Santie Maritz van Port Elizabeth.
Sy is ook die kleindogter van br Theunis en sr Hantie Kruger van Trompsburg en die agterkleinkind van br Jan en sr Susan Schutte van William Trollipstraat!
Haar doopnaam is Johanna Susanna, dieselfde as haar ma Santie, ouma Hantie en oumagrootjie Susan – dis iets besonders!
Mag die Here hierdie familie ryklik seën!!
Ds Kobus sal die Woordverkondiging lei.
KOLLEKTES
Vanoggend se deurkollekte sal vir die GKSA se Sustentasiefonds opgeneem word.
Die opbrengs van hierdie fonds word gebruik om kerke wat nie finansiël onafhanklik kan bestaan nie, by te staan sodat die Woordbedienig steeds daar kan voortgaan.
Volgende Sondag se deurkollektes is bestem is vir Bybelverspreiding.
Terwyl die deurkollektes elke Sondag vir ’n ander instansie of fonds aangewend word, word die kollektes tydens die erediens altyd vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid afgesonder.
Dit is die Diakonie se enigste bron van inkomste waarmee hulle behoeftige lidmate of instansies op ’n baie verantwoordelike wyse binne en buite die Gemeente versorg.
GEEN AANDDIENS VANAAND
Daar sal vir oulaas gedurende hierdie vakansie, nie vanaand ’n aanddiens in ons kerkgebou wees nie. Die suidelike Gereformeerde Gemeentes hou aanddienste om 18:00 in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suidheuwels wat ons kan bywoon.
Vanaf volgende Sondag sal die aanddienste hier normaalweg voortgaan.
DIE ORREL IS HERSTEL!
Die orrelbouer, Jan Elsenaar, het Vrydag aandag aan die orrel gegee.
Hy het die versekerig gegee dat alles nou weer perfek werk!
Ons vertrou dat dit wel die geval gaan wees en dat ons die orrel tot sy volle potensiaal kan gebruik!
Ons eredienste moes vir drie weke feitlik sonder die orrel voortgaan, daarom bedank ons graag ons lidmate vir hul geduld en begrip!
DERDE KWARTAAL BEGIN HIERDIE WEEK!
Die skole heropen weer oormôre (Dinsdag 17 Julie) en daarmee saam begin ons Gemeentelike aktiwiteite weer in alle erns!
Ons vertrou dat almal wat so bevoorreg was om êrens anders te kon gaan ontspan, goed uitgerus het en die normale lewe weer met nuwe moed en krag kan aanpak.
Ons is ook baie dankbaar dat ds Kobus en sy gesin veilig terug is en reeds sy pligte as herder en leraar hervat het!
Die katkisasieklasse vir die Hoërskooljongmense begin DV weer eerskomende Woensdag (18:15 vir Gr 8,9 & 10 en 19:15 vir die Belydenisklas)
Die Bybelstudiegroepe hervat hul werksaamhede eerskomende Donderdag om 09:30 en 18:30. Enige lidmaat wat belangstel om by hulle aan te sluit, is baie welkom!
Volgende Sondagoggend net na die erediens heropen die klasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders!
Baie sterkte aan almal wat betrokke is – of dit nou as aanbieder of toehoorder is!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
15 Julie:
Br Roche Jooste – 076 490 8618
16 Julie:
Br Johan Kruger – 082 801 5470
Br William Lyons – 071 610 3131
Sr Helena van der Walt – 051 436 7601
Oudl Louis van Niekerk – 082 651 0001
Br Wouter Vermeulen – 082 446 1473
17 Julie:
Oudl Pieter du Plessis – 082 570 1804
18 Julie:
Sr Surene Deysel – 083 646 8180
Sr Tersia Labuschagne – 082 545 7738
19 Julie:
Sr Salomé Bothma – 051 436 4379
Br Johannes de Wet – 082 816 7433
Sr Skat Klopper – 051 436 8419
Sr Martie le Roux – 083 344 5045
Br Jacques Nieuwoudt – 082 693 3360
20 Julie:
Sr Mariëtte Klopper – 051 436 2119
Sr Jacolien Muller – 072 022 1963
21 Julie:
Diak Renier Ackerman – 082 414 4456
Br Hennie van der Walt – 051 436 7601
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het vertrek na die Gereformeerde Kerk Ventersdorp:
Br Jean Coetzer en eggenote sr Lieze Coetzer en twee gedoopte kinders, Reinhardt Coetzer en Karli Coetzer.
Hulle was woonagtig op ’n hoewe in die Bainsvlei-omgewing.
BELANGRIKE DATUMS IN DERDE KWARTAAL 2018
Maandag 17 Julie – Skole heropen
Maandag 30 Julie – Bedieningskommissie vergader
Maandag 30 Julie – Webbladkommissie vergader
Donderdag 9 Augustus – Nasionale Vrouedag
Vrydag 10 Augustus – Skoolvakansiedag
Sondag 12 Augustus – Geen aanddiens nie
Sondag 19 Augustus – Breë Kerkraadsvergadering
Sondag 9 September – Voorbereidingsdiens
Sondag 9 September – Diakonale vergadering 17:00
Sondag 9 September – Ouderlinge vergadering
Sondag 16 September – Nagmaal
Sondag 16 September – Gemeente-ete
Sondag 23 September – Geen aanddiens nie
Maandag 24 September – Nasionale Erfenisdag
Vrtydag 28 September – Skole sluit
Dinsdag 9 Oktober – Skole heropen vir vierde kwartaal
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
BEROEP ONTVANG EN AANVAAR
Ds PL (Lazarus) Mathebula van GK Bontleng na GK Itsoseng Bolone.
VERTRAGING IN POSAFLEWERING
Ons het ’n skrywe van die SA Poskantoor via die Administratiewe Buro ontvang waarin hulle ons meedeel dat daar ’n vertraging in die aflewering van veral groot posstukke is.
Ons het dit so agtergekom want ons het die KERKBLAD byvoorbeeld lanklaas ontvang.
Ons ondersoek nou alternatiewe wyses om die KERKBLAD afgelewer te kry.
Interessant genoeg het ons verlede week ’n brief deur die pos ontvang wat die 24ste Januarie 2018 dateer is!
ORRELUITVOERING
Ons orrelis, br Lourie Coetzee, deel ons mee dat daar op Saterdag 28 Julie 2018 om 16:00 ’n orreluitvoering in die NG Kerk Bloemfontein-Wes gehou gaan word met werke van Bach, Krebs en Pinkham.
Hyself sal die orrel bespeel en hy word bygestaan deur die violis Elsabé Raath.
Kaartjies kos R100 en is by die deure beskikbaar.
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Maar ons dank God dat Hy aan
ons die oorwinning gee deur
ons Here Jesus Christus
1 Kor 15:57 (NAV)
