Dr Hubrecht van Dalsen, geëmeriteerde predikant van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord het op 4 Oktober 2012 sy 80 ste verjaardag gevier. Na die erediens op 30 September 2012 het ds Kobus Botha, huidige leraar, gelukwensing oorgedra en ‘n geskenk aan dr van Dalsen oorhandig as blyk van waardering vir die jarelange verbintenis en bediening in die gemeente.
Dr van Dalsen was vir 27 jaar die predikant van Bloemfontein-Noord. Hy is op 14 Maart 1971 hier as die derde predikant bevestig en het sy emeritaat op op 19 April 1998 aanvaar. Hy is in 1957 in sy eerste gemeente, die Outjo-kom binasie bevestig, waar hy vir 7 jaar gedien het. Daarna verskuif hy na Wonderboompoort waar
hy vir die volgende 7 jaar gedien het.
Dr van Dalsen het oor al die jare student gebly en in 1995 sy doktorsgraad (DTh) in Teologie aan die Vrystaatse Universiteit verwerf. Hy het na sy emiritaats-aanvaarding ook nog vir etlike jare opgetree Dr van Dalsen as hulp-predikant vir van die kleiner gemeentes in die Suid- en Wes-Vrystaat.
Hy is in al sy jare in die bediening bygestaan deur sy eggenote Rita, vir 25 jaar orreliste van die gemeente. Die egpaar is steeds lidmate van die gemeente. Die egpaar wat op 4 April 1959 getroud is, het 4 kinders, 2 seuns en 2 dogters en 7 kleinkinders, 2 seuns en 5 dogters. Die kinders woon verspreid oor 4 kontinente, “ongelukkig nie een in Afrika nie” volgens dr van Dalsen.
Dr van Dalsen het by die geleentheid gesê: “Een saak wat bo alles bly staan, is dat ons die grootsheid van God se
Genade in alles so kragtig beleef! Genade – nieteenstaande alles wat by ons verkeerd is. Genade om in sy diens te kon staan vir 41 jaar! En hier in Bloemfontein-Noord wil ons graag die laaste gedeeltetjie van ons aardse pad loop!”