Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
Dit is vir ons weereens aangenaam om vir Susan Kruger te verwelkom wat die begeleiding gaan behartig. Ons is dankbaar dat sy op kort kennisgewing vir Louri kan instaan.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 168:1 tot 3
Lofsang
Psalm 118:1 & 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Eksodus 20
Sang
Psalm 119: 6 & 7
Gebed
Sang
Psalm 46:1
Skriflesing
Hebreërs 13: 1 tot 19
Teksvers:
Hebreërs 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 19-3:1 tot 4
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
EREDIENSTE
Daar sal vandag net een erediens gehou word om 9:30.
Die erediens sal ook per klank(WA) gestuur word en beskikbaar op ons webblad(www.gkbfnnoord.co.za)
KOLLEKTES
Daar sal vanoggend weer twee kollektes by die deure opgeneem word.
Die kollekte vir GKSA se Sustentasiefonds word in die sakkie met die houthandvatsel geplaas.
Dié vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid in die sakkie met die houtraamwerk.
ONS DINK AAN:
Ons orrelis, br Louri Coetzee, wat positief getoets het vir Covid-19.nd nie
ALMANAK VAN DIE GKSA VIR2022
Diegene wat die Almanak van die GKSA vir 2022 bestel het teen R100 stuk, kan dit in die konsistorie afhaal.
GEREFORMEERDE KERK JEUG
Verskeie leesstof artikels & leesstof met die oog op Kersfees is beskikbaar !
Voorbeelde
- Gesels saam oor Kersfees
- Die Lig vir die Wêreld is gebore!
- Vind vreugde in die HERE
- Inkleurprente vir Kersfees
Vir meer inligting kan u op ons tuisblad(onder die skerm) van ons webwerf(www.gkbfnnoord.co.za) kliek op “Gereformeerde Kerk Jeug”
LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Hartlik geluk!
SENIOR LIDMATE
3 Januarie
Elna Nel (94) – Flemmingpark D6 – 051 444 5638
4 Januarie
Peet Venter (77) – Rayton Close 1- 082 416 1718
BELYDENDE LIDMATE:
3 Januarie
Carlise vd Merwe – Leipoldtstr 10 – 071 880 9692
6 Januarie
Elsabé Myburgh – Sewe Damme 72 – 051 436 9807
7 Januarie
Christa Barnard – Harrismithstr 31 – 083 760 7489
8 Januarie
Louis Olivier – De Kockstr 4 – 061 407 6525
DOOPLIDMATE
4 Januarie
Louis van Niekerk – Schaanskraal – 082 796 7196
5 Januarie
Pieter Venter – Van Blerkstr 9 – 073 153 9720
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Ek is die opstanding en die lewe.
Wie in My glo, sal lewe,
al sterwe hy ook;
Johannes 11:25
GELIEFDE OORLEDE ?
Sluit aan by ‘n groep
vir Bemoediging en Ondersteuning tydens
die verlies van ‘n geliefde.
Gesprekke met verskillende onderwerpe wat strek oor 13 weke.
Begindatum: Sondag 16 Januarie 2022 vanaf 15h00 tot 17h00
Plek: Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord h/v Dealeweg & Kiplingstraat, Dan Pienaar, Bloemfontein.
Koste: R195.00 vir die hele reeks van 13 gespreksessies !
GESKEI / VERHOUDING VERBREEK ?
Kom sluit by ‘n groep aan wat weekliks vir 13 weke bymekaar kom.
Ervaar dat ander persone dieselfde beleef.
Slegs fasilitering en geen berading !
DivorceCare word gebruik as hulpmiddel.
Die sessies word is in Afrikaans gedoen ! !
Slegs die DVD’s en handboek is in Engels saamgestel !
Bring jou kinders saam ! Sessies vir hul ook beskikbaar (DC4K)
Begin datum: Sondag 23 Januarie 2022 Tyd: 15h00 tot 17h00
Koste vir 13 weke: Volwassenes R195.00
Plek: Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord
H/v Dealrylaan & Kiplingstraat ,
Dan PienaarBloemfontein
VIR MEER INLIGTING EN BESPREKING:
Dirk Coetzee – Selfoon: 082 784 1993
Vertel vir jou Vriende en Familie hiervan !
Bring hulle saam !