Nuusbrief – 24 Maart 2019
VANOGGEND SE EREDIENS WORD DEUR PROF CHRIS VAN DER WALT WAARGENEEM
Prof Chris van der Walt van die Teologiese Skool te Potchefstroom is deel van die teologiese studente en professore wat die fietstoer vanaf Burgersdorp na Potchefstroom onderneem ter herdenking van die 150ste bestaansjaar van ons Teologiese Skool.
Ons bid prof Chris die seën van die Here toe met die Woordverkondiging en ook met sy verantwoordelike werk om bedienaars van die Woord op te lei.
Skriflesing:
Eksodus 10:28-12:31
Teksverse:
Eksodus 12:13,14
13 Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ‘n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan, en die vernietigende slag waarmee Ek Egipte gaan tref, sal julle nie tref nie.
14 Hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees. Julle moet dit as ‘n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ‘n vaste instelling wees wat hulle moet vier.
Tema:
God gee ons ’n geestelike dagboek sodat ons nie sy werk vergeet nie
- ’n Dagboek help ons om nie te vergeet nie. Het jy ’n geestelike dagboek?
- God gee voorskrifte, want dit toets gehoorsaamheid en gehoorsaamheid aan God bring lewe.
- Net hulle wat met Christus se bloed bedek is, word verbygegaan met God se straf.
- Dit is nie ’n bose engel wat die dood veroorsaak nie, maar die engel van die Here, want God is die beskikker oor lewe en dood.
- Maak dit deur die Heilige Gees jou eie en moet dit nie vergeet nie!
Sang tydens die erediens:
Psalm 150:1,2 (Cloete p 720)
Skrifberyming 12-3:1,2
Skrifberyming 9-2:1,8,9
Psalm 105:5,23
Vandag se deurkollekte is bestem vir Bybelverspreiding en volgende Sondag word dit vir die GKSA se Ekumenisiteitsfonds opgeneem.
TEOLOGIESE SKOOL IS 150 JAAR OUD!
Fietstoer
Die Teologiese Skool te Potchefstroom is vanjaar 150 jaar oud.
Dit is oorspronklik in 1869 te Burgersdorp gestig en het later (1905) na Potchefstroom verskuif.
Om hierdie gebeurtenis te vier, beplan die Teologiese Skool verskeie feesvierings.
In 1969 met die eeufeesherdenking, het ongeveer 20 studente die roete vanaf Burgersdorp na Potchefstroom te perd afgelê!
Vanjaar is ’n groep van 10 studente en twee professore met ’n ondersteuningsgroep van vyf,
op hulle beurt besig met ’n fietstoer (20 tot 28 Maart) vanaf Burgersdorp tot in Potchefstroom wat hulle
met hul ysterperde aanpak! Hulle is hierdie naweek in Bloemfontein.
Ons het reeds berig dat prof Chris van der Walt hier preek.
Van die studente sal vanoggend in die ander Gereformeerde Kerke preek.
Ons sien baie uit na die naweek wat iets besonders in die lewe van hierdie studente is en
ook om dank en lof aan die Here te bring vir 150 jaar se seën en genade!
Kunswerke in portaal
In die voorportaal is twee geraamde kunswerke (genoem swartwerk) deur Anna Vosloo. Dit is van die Teologiese Skool en die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp.
Dit is die eiendom van br Whitey van der Walt van Noorderbloem wat dit vir uitstalling beskikbaar gestel het.
Dit hou vir hom besondere betekenis in want hy is in Burgersdorp gebore en is in dié kerkgebou gedoop!
‘n Foto van die kunswerk van die gebou is op die voorblad van ons Nuusbrief van vandag aangebring !
Lidmate kan gerus daarna kyk en daarmee wil ons op hierdie wyse in dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader,
hulde bring aan die broeders wat in 1869 met die stigting gemoeid was en
dat die Here die Teologiese Skool steeds in stand hou sodat daar predikante opgelei kan word om die Woord van die Here uit te dra en om lidmate pastoraal by te staan.
(Swartwerk is ’n tegniek wat gedurende die sestiende eeu veral op huislinne en klere gebruik is en in die twintigste eeu herleef het. Dit bestaan uit buitelyn- en vulsteke met swart garing op wit materiaal gewerk om geometriese patrone te vorm.)
DIE EREDIENSTE IN DIE VAKANSIE
Die reëlings vir die eredienste gedurende die vakansie is as volg:
Oggenddienste
Ds Kobus is volgende Sondag met verlof uitstedig en ons hulpdienspredikant, dr Frans de Bruyn sal dan DV hier preek.
Aanddienste
Vanaand en volgende Sondag sal hier nie aanddienste in ons kerkgebou wees nie.
Die suidelike Gereformeerde Gemeentes hou gesamentlike aanddienste om 18:00 in die
kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Bloempark wat ons kan bywoon.
LIDMATE WAT HIERDIE WEET VERJAAR
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
Vandag:
Br Wessel Kruger – 083 378 8394
Sr Jurien Smits – 072 482 3280
Sr Corrie van Jaarsveld – 082 339 9399
Ouderlig Foch-Henri de Witt – 083 662 3462
Sr Hannetjie van der Berg – 084 588 4324
27 Maart:
Sr Madeleine Griesel – 082 408 8884
28 Maart:
Br Wim Brummer – 082 457 2047
28 Maart:
Talita Robbertse – 051 436 2415
29 Maart:
Diaken Rina Fourie – 082 434 0997
Br Chris van der Linde jnr – 076 338 5367
30 Maart:
Br Koos Erasmus – 072 865 2241 en sy dogter
Sr Carien Erasmus – 071 232 8992
Sr Hettie Fourie – 082 607 2407
ONS DINK AAN …
Sr Suzanne Langner van Harrismithstraat 31 nadat haar eggenoot, br Erns Langner Dinsdagaand tragies in ’n motorongeluk oorlede is.
Sy is die dogter van br Chris en sr Christa Barnard en die kleindogter van br George en sr Takkie du Plessis, almal van dieselfde adres.
Ons harte gaan uit na sr Suzanne en haar tweejarige seuntjie Driaan en haar ouers en grootouers.
Ons bid almal die nabyheid van die Here toe dat Hy hulle deur die werking van die Heilige Gees ryklik sal vertroos.
Die roudiens sal DV Dinsdagoggend om 11:00 in ons kerkgebou gehou word.
DANKWOORD
Ons wil graag die volgende lidmate wat met die besoek van die teologiese studente gehelp het, van harte bedank:
Br Barnie en sr Janine Venter vir die huisvesting in hul gastehuis,
diaks Cobus en Marlise Venter vir Saterdag se aandete
en
sr Ester Botha en haar helpers vir vanmiddag se ete in die kerksaal.
Ons het baie hoë waardering daarvoor.
Baie dankie!
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SA
DAG VAN VEROOTMOEDIGING
Klassis Potchefstroom het gehoor gegee aan ’n Artikel 66 Kerkordeversoek van die Gereformeerde Kerk Virginia
en besluit om ’n Dag van Verootmoediging uit te roep DV op Sondag 31 Maart 2019.
Ons Kerkraad sal vanoggend aandag daaraan gee
BEROEP ONTVANG
Ds De W (Dewet) Saaiman van Krugersdorp na Rietvallei as medeleraar
BEROEPE AANVAAR
Ds DFC (Dirk) Kruger van Zeerust na Vaalpark
Dr PJ (Petrus) Venter van Pretoria na Postmasburg
BEROEP BEDANK
Ds GP (Gerben) Meijer van Vryburg/Schweizer Reneke na Hendrina/Carolina-kombinasie
OORLEDE
Ds BDC (Ben) Prinsloo, emerituspredikant van Elandskraal
is op 16 Maart 2019 oorlede en Vrydag te Brits begrawe.
DIE KERKBLAD
Die Maart-uitgawe van die KERKBLAD is in die voorportaal vir die intekenare beskibaar.
GLASE GESKENK DEUR ANONIEME WELDOENER
Die anonieme lidmaat wat aan nuwe intrekkers glase skenk waarop hulle name en die kerk se logo en naam met sand geblaas is,
het weer’n aantal gemaak wat in die voorportaal geplaas is.
Dit is vir:
Marthinus, Cecilia en Bonita Calitz
Koos en Kelsey du Pisanie
Hennie en Cecile Pretorius
Peter Smith
Carlise van der Merwe
Wikus, Ryan en Christo van der Walt
Pieter, Karien, Bernard en Kobus van Rooyen.
Van ’n vorige besending is daar nog glase vir
Rudie, Jurien en Pieter Smits
Wilhelm van der Merwe
Ons bedank graag weereens hierdie lidmaat vir sy meelewing en uitreik na ander lidmate. Dié glase is regtig iets besonders!!
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Deur Christus het ons deel geword
van die volk van God soos Hy
dit vooruit al bestem het.
So het Hy Hom dit voorgeneem,
Hy wat alles laat gebeur
volgens sy raadsbesluit.
Efesiërs 1:11 NAV
