Nuusbrief – 28 Oktober 2018
DIE LITURGIESE ORDE VANOGGEND
As gevolg van die Belydenisaflegging vanoggend is die Liturgiese Orde effens anders.
Ons sing vooraf Liedboek 334:1-4.
Tydens die diens is ons lofsang Liedboek 190:1,2,3.
Ons neem daarna weer ons sitplekke in waarna die Wet van die Here volg en ons antwoord daarop met die sing van Psalm 130:2,4.
Na die gebed daarna vind die Belydenisaflegging plaas en dan bely ons almal saam die Apostoliese Geloofsbelydenis en ons sing die jonge broeders en susters Psalms 134:4 toe.
Die Skriflesing is uit
I Samuel 3:1-4:1 en die teksvers is I Samuel 3:10. Na die preek, gebed en kollekte is die slotsang Liedboek 464:1,3,4.
BELYDENISKATKISANTE
Die volgende jonge broeders en susters sal vanoggend tydens die erediens geleentheid kry om in die openbaar Belydenis van hul geloof af te lê:
Anita du Plessis, dogter van oudl Wikus en sr Machteld du plessis van Charolaisstraat 10
Calista Engelbrecht, dogter van br Herman en sr Jeanette Engelbrecht van Jacobsdal
Mardi Grobbelaar, dogter van br Neels en sr Germie Grobbelaar van Tosca
Niela Honiball, dogter van br Marius en sr Janine Honiball van Ventersburg
Talita Robbertse, dogter van br Theo Robbertse van William Trollipsingel 35
Ezelle van Eeden, dogter van sr Ida van Eeden van Roodewallaan 144
Boeta Claasen, seun van sr Mariette Claasen van Ladybrand
Hanno Geldenhuys, seun van br Jurie en sr Mayrine Geldenhuys van Grey Kollege Primêr
Jacques Jonker, seun van sr Lizel Jonker van Langenhovenpark
Johan Muller, seun van br Willie en sr Jacolien Muller van Hoewe 118 Hoëveld
Daniël van Eeden, seun van sr Ida van Eeden van Roodewallaan 144
Ons wens hierdie elftal pragtige lidmate, hul ouers en grootouers van harte geluk en bid dat die Here hulle altyd naby sal wees en sal seën.
Mag Hy hulle so lei dat hulle altyd meelewende lidmate sal wees.
Baie dankie aan ds Kobus wat hul vir drie jaar met toewyding onderrig het!
Na afloop van die erediens sal daar ’n teegeselligheid in die kerksaal wees waarheen alle lidmate en besoekers hartlik uitgenooi word.
Baie dankie aan al die sustes wat dit gereël en gehelp het!
KOLLEKTES
Vandag is Hervormingsondag en daarom word die deurkollektes vir Bybelverspreiding afgesonder. Volgende
Sondag sal die deurkollektes vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg opgeneem word.
Die kollektes onder die diens is soos altyd bestem vir die Diakonie se Kas van Barmhartigheid.
Die Oktober-uitgawe van die KERK-BLAD is in die voorportaal vir intekenare beskikbaar.
KATKISASIEKLASSE EN TEEBEDIENING
As gevolg van die Belydenisaflegging sal daar nie vanoggend katkisasie vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders na die erediens wees nie.
Die gebruiklike teebediening sal vanweë die teegeselligheid vir die katkisante wat vandag Belydenis van hul geloof aflê, ook nie vandag plaasvind nie.
Volgende Sondag is dit die verantwoordelikheid van wyk Langenhovenpark 2 en dan sal die teebediening en katkisasie weer normaalweg voortgaan.
NG KERK BERG-EN-DAL WOON ONS AANDDIENS BY
Dis nou reeds baie jare dat ons en die NG Kerk Berg-en-Dal met Hervormingsondag oor-en-weer mekaar se aanddienste bywoon.
Dit is dan ook vanaand die geval wanneer die lidmate van die NG Kerk Berg-en-Dal ons erediens bywoon.
Ons het hulle baie hartlik welkom en vertrou dat hierdie samekoms van gelowigers tot eer van die Here sal wees.
Daar is ’n noue band tussen ons twee gemeentes!
Na die diens sal daar ’n teegeselligheid in die kerksaal wees waarheen almal hartlik uitgenooi word.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
28 Okt:
Br Ryno Opperman – 082 567 2804
Diak Ansi Pretorius – 082 353 8007
29 Okt:
Br Mulle Heyns – 072 469 7778
01 Nov:
Ds Kobus Botha – 082 410 7447
Oudl Stefan nKruger – 084 422 0062
Br Francois Venter Logemanstraat – 083 780 7299
02 Nov:
Br Francois Venter Lorrainestr – 082 229 4411
Sr Lettie van Wyk – 083 301 8063
03 Nov:
Sr Elize Mostert – 083 377 8695
DIAKONIE ONTHAAL SENIOR LIDMATE
Die Diakonie wil baie graag weer al die Senior Lidmate in die Gemeente (vanaf so 65 jaar en ouer) met ’n aangename ete by die Botaniese Tuin bederf!
Dit sal DV plaasvind op Saterdag 24 November 2018 om 11:00. Geen toegangsgeld hoef betaal te word nie en die Diakonie wil net hê almal moet dit sorgeloos kom geniet!
Dit is die Diakonie se begeerte dat ALMAL wat kwalifiseer, die geleentheid moet bywoon, daarom sal hulle uit hul pad gaan om diegene wat nie op eie stoom daar kan kom nie, te gaan oplaai en vervoer.
Teken asseblief u naam op die liggroen vorm in die voorportaal aan indien u die funksie wil bywoon en dui aan of u vervoer benodig of nie.
Ons bedank noual die Diakonie vir hierdie pragtige liefdesdaad en ons is oortuig daarvan dat dit soos in die verlede, baie aangenaam gaan wees. Vir enige navrae skakel diak Rina Fourie by 082 434 0997.
LIDMATE TER APPROBASIE AS KERKRAADSLEDE
Op die laaste Kerkraadsvergadering is eervolle ontslag toegestaan aan oudll Piet Botha (Serenitas) en Hannes van Jaarsveld (Langenhovenpark 2) vir wie ons dankie sê vir hulle getroue diens.
Ons hulpdienspredikant dr Frans de Bruyn sal nog steeds die wyke Eeufees-weg, Jan Wilkenstraat en Lan-genhovenpark 1 en 2 besoek.
Oudl Nico Beek (Lucas Steyn-straat) word nou ouderling in die wyk Serenitas. Die name van die volgende lidmate word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou sodat hulle as ouder-linge en diakens kan dien.
As ouderlinge:
Br JH (Jan-Hendrik) Steyn,
Steenboksingel 33 – wyk Rayton
Diak BP (Petr) Havenga, Huis Armentum, UV – wyk LucasSteynstraat
As diakens:
Br AM (Muller) Heyns, Belvedere 9
Sr D (Dané) Klopper Huis Vergeet-My-Nie, UV
Br GHL (Hardus) van Heerden, Leipoldtstraat10
Sr MM (Magdaleen) Venter, Heliograafstraat 5
Ons bid hierdie lidmate die seën van die Here toe by die oorweging van dié roeping . Dis werklik iets besonders om in diens van die Here en Sy kerk te mag wees!
EERSTEJAARSKAMPE
Voornemende eerstejaarstudente in 2019 kan die volgende Eerstejaarskampe bywoon
NW-UNIVERSITEIT
Die GK Cachet hou vanaf 7 tot 11 Januarie 2019 ’n Eerstejaarskamp by die Nooitgedacht-kampterrein by Potchefstroom.
Die tema is: “Student-wees in God se Koninkryk”.
Die koste beloop R950 per persoon. Tree in verbinding met ID Nagel by 072 926 6851.
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
Vanaf 21 tot 25 Januarie 2019.
Al die inligting is op GK Brooklyn se webtuiste www.gkbrooklyn.org.za/-eerstejrrskamp 2019 op kampe beskikbaar.
UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH
Vanaf Saterdag 19 tot Woensdag 23 Januarie 2019 by die VCSV-kampterrein by Stellenbosch. R820.
Tree in verbinding met Karel Vahrmeijer by 071 318 0337 of eerestejaarskamp@gkstellenbosch.co.za
KERKENUUS
GK INNESDAL 80 JAAR OUD
Alle oud-lidmate word genooi na die 80 jarige fees van die GK Innesdal vanaf 16 tot 18 November 2018. Besonderhede is by ons Kerkkantoor of skakel vir Louis by 082 440 8765
BEROEPE ONTVANG
Ds FJ (Frikkie) van Rensburg van Rustenburg-Nioordoos na Die Kandelaar EN NA Rietvallei as medeleraar
Ds TJ (Tommie) van Vuuren van Heilbron na Durban-Noord
BEROEP AANVAAR
Ds HFR (Riekert) van Vaalharts na Kemptonpark
ONS PREDIKANTSPAAR VERJAAR!!
Ds Kobus verjaar DV e.k. Donderdag en sr Ester volgende Dinsdag 6 November.
Boonop tree hulle seun, Nico, DV 11 November 2018 in die huwelik met Adrie Haasbroek van Pretoria, sodat daar vir hulle ’n bedrywige tyd voorlê.
Hierdie verjaarsdae sal nie nou gevier word nie, maar sal saam met die viering van ds Kobus se 10 jaar as ons predikant, tydens die Gemeente-ete na Nagmaal op 18 November 2018 plaasvind.
Ons wil egter graag nou by wyse van hierdie Nuusbrief aan hulle ons hartlikste gelukwense oordra en hulle die Here se oor-vloedige seën toebid.
Ons is werklik besonder geseën om ’n predikant van sy statuur en innemende persoonlikheid te kan hê en ons dank altyd die Here daarvoor.
Ds Kobus werk met groot ywer en oorgawe in ’n uitgebreide Gemeente. Dit neem hom effens minder as drie jaar om huis-besoek by almal te doen en omdat hy dit so deeglik doen, neem dit baie van sy tyd in beslag.
Dan praat ons nie eens van sy hospitaal- en ander siekebe-soeke, katkisasie en Bybelstudie nie.
Verder is ons bevoorreg om Sondag na Sondag na uiters Skrifgetroue preke te luister!
Ons bid ds Kobus en sr Ester en hul kinders die krag, genade en seën van ons Almagtige God en Hemelse Vader toe!
GALA-AAND; KUIERAAND
Die Sustersbestuur het begin met ’n inisiatief om fondse in te samel. Die Gemeentefunksiekommissie is nou ook daarby betrek en die volgende inligting kan meegedeel word:
’n Heerlike Gala- en kuieraand word beplan vir Vrydag 1 Maart 2019 om 18:00 by Bobbiespark waar die bekende kunstenaar, Andries Vermeulen, van Oppie-stoep-faam, gaan optree.
Daar is 50 tafels van agt persone elk en elke tafel kos R1 600 (R200 per persoon). Afgesien van die optrede van Andries Vermeulen, sal ’n heerlike ete bedien word en ’n veiling van wyne en ander waardevolle items gaan gehou word.
Die opbrengs van die aand word aangewend vir die boufonds van die GK Shalom by Botshabelo, die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg en vir ons Susterskas.
Die koördineerder is oudl Louis van Niekerk (052 651 0001). Kontak gerus ook vir oudl Louwrens de Beer by 082 789 6893. Diak Cobus Venter 082 055 7083 hanteer die kaartjie-verkope.
Daar sal DV gereeld mededelings oor dié aand in die Nuusbrief gedoen word.
ONS KOSTER BEDANK
Br Hannes Carstens wat sedert September 2016 die koster van ons Gemeente is, het die afgelope week sy bedanking as koster met onmiddlike effek by die Eiendomskommissie ingedien.
Ons bedank hom vir sy werk van die afgelope twee jaar. Oudl Louwrens de Beer sal intussen as koster waarneem en lidmate kan met hom by 082 789 6793 in verbinding tree.
Die Kerkkantoor of Wikus Vorster kan ook geskakel word indien nodig.
Aansoeke word ingewag vir die pos van koster vanaf 1 Desember 2018.
Die pligte van die koster behels;
►Die oop-en toesluit van die kerkgebou en -saal vir Sondag-oggend en –aand se dienste
►Die oop- en toesluit van die kerkgebou en –saal gedurende die week vir al die aktiwiteite en funksies wat gehou word.
► Hy neem verantwoordlikheid vir die netheid en skoonhou van die kerk se eiendom wat die geboue sowel as die terrein insluit.
►Hy/sy moet enige tekort-komings en/of probleme aan die Eiendomskommissie rapporteer wat dan die verlangde optrede sal doen waarna die koster sal toesien dat dit uitgevoer word.
Rig enige navrae soos die vergoeding aan die sameroeper van die Eiendomskommissie, oudl Erik van Driel by 083 587 1047
GLASE DEUR LIDMAAT GESKENK
Almal is seker teen hierdie tyd bewus van die anonieme lidmaat wat glase aan lidmate skenk met hul naam en die kerk se embleem met sand daarop geblaas.
(Hy doen dit eers vir nuwe intrekkers en dan vir senior lidmate).
Hy het pas weer ’n paar afgelewer en die volgende lidmate kan asseblief hul glase wat in die voorportaal is neem;
Olivia Badenhorst
Cisca Badenhorst
Gerrit Badenhorst
Hettie Bonthuys
Renier Strydom
Martie van der Linde
André van der Merwe
Marietjie van der Merwe
Van die vorige besending is daar nog glase vir Elsie Coetzee, Kobus Coetzee en Wilhelm van der Merwe
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Maar die Skrif (Jer 9:23,24) sê:
“Hy wat roem, moet in die Here roem”
II Kor 10:17 NAV
