Nuusbrief – 22 Julie 2018
TOER NA ISRAEL
Dr Fanie van der Schyff en di Chris de Beer en Dreyer Potgieter onderneem ’n toer na Israel vanaf
29 November tot 7 De-sember 2018.
Dit kos R19 900 en die deposito van R9 000 moet voor 29 Julie betaal word.
Belangstellendes kan vir meer besonderhede in verbinding tree met info@soulmatters.org.za.
VANOGGEND SE EREDIENS
Skriflesing:
Levitikus 24: 10-16
Johannes 10: 22-42
Teksverse:
Johannes 10: 31-33
‘“Dít verseker Ek julle: Wie nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie maar van ‘n ander kant af inklim, is ‘n dief en ‘n rower.
Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien.
Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor ‘n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat ‘n gewone mens is, jou as God voordoen.” ‘
Voorafsang:
Liedboek 205:1,2,3
Sang gedurende die diens:
Skrifberyming 1-6: 1,2,3
Psalm 130: 2,4
Psalm 18: 13,14
Skrifberyming 15-7: 4,6
KOLLEKTES
Vandag se deurkollektes is bestem vir Bybelverspreiding waar altyd fondse benodig word sodat hulle in hul doel kan slaag om te sorg dat elke mens op aarde die Bybel in sy/haar eie taal kan lees!
Volgende Sondag se deur-kollektes sal vir Christelike Onderwys opgeneem word.
Die opbrengs van hierdie fonds word gebruik om onafhanklike Gereformeerde skole en onderwys te bevorder en om les-materiaal aan te skaf.
Terwyl die deurkollektes elke Sondag vir ’n ander instansie of fonds aangewend word, word die kollektes binne die diens ALTYD vir die Diakonale Kas van Barmhartigheid afgesonder.
Dit is die Diakonie se enigste bron van inkomste waarmee hulle behoeftige lidmate of instansies op ’n baie verantwoordelike wyse binne en buite die Gemeente versorg.
TEEBEDIENING
Wanneer die oggendkatkisasie in die kwartaal aan die gang is, word die gesellige teedrinksessie by die kerksaal aangebied. Hierdie geleentheid is nie net bedoel vir die ouers van die katkisasiekinders nie, maar almal is baie welkom om daarin te deel!
Op hierdie wyse leer ons mekaar beter ken en kan ons ook deel in ander se vreugde of hartseer!
Die betrokke wyksouderling wie se diensbeurt dit is, en sy vrou, neem die inisiatief, bring melk en is saam met die lidmate in daardie wyk verantwoordelik vir die bediening en opruiming waarvoor ons baie dankie sê.
Al die ander items soos kookwater, tee, koffie, vrugtesap en suiker, word voorsien!
Hierdie aangename byeenkoms hervat weer vandag wanneer dit die beurt is van wyk Willows.
Volgende Sondag is dit die diensbeurt van wyk Woodlands.
WEL AANDDIENS VANAAND
Die aanddienste sal vanaf vanaand weer om 18:00 normaalweg in ons kerk voort-gaan tot die langnaweek van 12 Augustus wanneer daar weer nie ’n aanddiens sal wees nie!
KATKISASIE BEGIN WEER VANDAG
Die katkisasieklasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders open vanoggend direk na die erediens in die kerkgebou.
Ons verwelkom graag almal terug na die lekker lang wintervakansie en is baie seker dat almal ook weer uitsien na die klasse en om die leerkragte en hul medekatkisante weer te sien!
Mag dit vir beide die aanbieders en toehoorders ’n verrykende ervaring wees!
Ons dra graag ons hartlikste dank oor aan al die leerkragte en wil hulle spesiaal baie sterkte en die Here se seën toewens!
Indien ouers verskoning vir hul kind se afwesigheid wil maak of vir watter rede ookal met hulle in verbinding wil tree, gee ons graag hul besonderhede:
Voorskools
Elize Heyns – 082 868 1620
Gr 1
Marlise Havenga – 076 836 0005
Gr 2&3
Magda de Beer – 082 374 8846
Gr 4&5
Anita Knoester – 083 465 6415
Gr 6&7
Hennie de Bruin – 082 335 2030
Gr 8,9,10&11
Ds Kobus – 082 410 7447
ORRELUITVOERING
Onthou die orreluitvoering e.k. Saterdag 28 Julie 2018 om 16:00 in die NG Kerk Bloemfontein Wes waar ons orrelis, Lourie Coetzee en die violis Elsabe Raath werke van Bach, Krebs en Pinkham gaan uitvoer.
Kaartjies kos R100 en is by die deure beskikbaar.
NWU BESOEK OUD-PUKKE
Die NWU besoek Bloemfontein op Donderdag 16 Augustus 2018 en wil graag lekker saam met al die alumni kuier.
Die adjunkvisekanselier en adjunkhoof toegewyde funksies, prof Fika van Rensburg, sal hulle persoonlik ontmoet en gedurende dié geleentheid die verwikkelinge wat tans by die NWU aan die gang is, met hulle deel.
Alle NWU-alumni word van harte daarheen uitgenooi.
Vir meer besonderhede kan met die kontakpersoon, Izette Schouwstra by izette.schouwstra@nwu.ac.za of tydens kantoorure by 018 285 2596 in verbinding getree word.
KERKBLADINTEKENING
Die intekengeld vir die KERKBLAD vr die periode 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2019, beloop R325-00.
Hierdie bedrag kan elektronies (met vermelding van u naam en KB) of per koevertjie inbetaal word.
Ons is nog steeds besig om die vorige eksemplare op te spoor!
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
22 Jul:
Br Dave Lubbe – 051 444 0100
Br Cas van Wyk – 051 522 2890
Br Barnie Venter – 051 522 5071
23 Jul:
Ouidl Martin Cronjé – 082 771 2270
24 Jul:
Sr Wlna Hebler Pretorius – 082 410 4278
24 Jul:
Br Jan van der Bijl – 051 433 7270
26 Jul:
Br Koos Coetzee – 051 436 2039
27 Jul:
Br Anton Klopper jnr – 073 008 9744
28 Jul:
Br Philip Olivier – 072 132 7478
Br Hardus van Heerden- 071 123 7803
SKOOLKWARTALE 2019
Ons herhaal die berig van verlede week nadat ons so pas die inligting rakende 2019 se skoolkwartale ontvang het.
Dieselfde datums geld vir al nege provinsies
Eerste kwartaal
09 Januarie tot 15 Maart 2019
Tweede kwartaal
02 April tot 14 Junie 2019
Derde kwartaal
09 Julie tot 20 September 2019
Vierde kwartaal
01 Oktober tot 04 Desember 2019
Paasnaweek
19 tot 22 April 2019
Langnaweek
16 tot 18 Junie 2019
Langnaweek
09 tot 12 Augustus 2019
Dalk help hierdie inligting vir sommiges om die nuwe jaar te beplan!
BELANGRIKE DATUMS IN DERDE KWARTAAL 2018
Maandag 30 Julie
Bedieningskommissie vergader
Maandag 30 Julie
Webbladkommissie vergader
Donderdag 09 Augustus
Nasionale Vrouedag
Vrydag 10 Augustus
Skoolvakansiedag
Sondag 12 Augustus
Geen aanddiens nie
Sondag 19 Augustus
Breë Kerkraadsvergadering
Sondag 09 September
Voorbereidingsdiens
Sondag 09 September
Diakonale vergadering 17:00
Sondag 09 September
Ouderlinge vergadering
Sondag 16 September
Nagmaal
Sondag 16 September
Gemeente-ete
Sondag 23 September
Geen aanddiens nie
Maandag 24 September
Nasionale Erfenisdag
Vrydag 28 September
Skole sluit
Dinsdag 09 Oktober
Skole heropen vir vierde kwartaal
GEEN BEROEPENUUS IS VIR HIERDIE UITGAWE ONTVANG NIE
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Daarom liewe broers (en susters-WV), wees standvastig, onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet dat julle inspanning in diens van
die Here nie tevergeefs is nie.
1 Kor 15:58 NAV
