Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 422: 1 tot 3
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 150: 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Liedboek 188: 1 tot 3
Skriflesing
Johannes 19: 28 tot Johannes 20: 10
Teksvers
Johannes 20: 8
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 18-7: 1, 9 & 12
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Reddersburg Kinderhuis bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
KATKISASIE/TEEBEDIENING
Daar sal nie vanoggend katkisasie of teebediening wees nie as gevolg van die langnaweek.
Volgende Sondag sal dit weer normaal voortgaan met wyk Bartmanstraat wat verantwoordelik sal wees vir die teeskink.
NUUTSTE COVID-REGULASIES
Alhoewel die Nasionale Ramptoestand nou opgehef is, is daar steeds sekere regulasies wat nog vir ‘n tydperk van 30 dae geld. Die volgende is op ons van toepassing (soos deur die Adminburo deurgegee):
- Maksimum 50% van kapasiteit geld nog.
- Dra van maskers binnenshuis is nog ‘n vereiste.
- Sosiale afstand (1.5 m) is nie meer verpligtend nie.
- Sanitasie, koors meet en rekordhouding is nie meer verpligtend nie. Alhoewel laasgenoemde twee nie meer toegepas was nie, was dit nog in die regulasies.
- Geen beperkinge t.o.v. begrafnisse behalwe die 50% maksimum perk.
NOOD IN OEKRAïNE
Die Deputate Ekumeniese sake het bevestig dat daar ‘n betroubare manier is vir finansiële hulp deur middel van ‘n gereformeerde kerk in Hongarye. Indien u sou belangstel om ‘n bydrae te maak, kan u die Kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
.ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
SPESIALE AANBIEDINGE OP BYBELS
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ‘n spesiale Paasfees-aanbod op die volgende Bybels wat geldig is tot 30 April 2022:
- Afrikaans 1933/53 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R849, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 1983 vertaling Bybel, mediumgrootte, bruin egte leer omslag, goud-op-snee, duimindeks:
Gewone prys – R1 199, Spesiale prys – R450.
- Afrikaans 2020 vertaling Bybel, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
- Afrikaans 2020 Bybel, hoofletteruitgawe, mediumgrootte, swart hardeband:
Gewone prys – R199, Spesiale prys – R99.
Indien die waarde van die bestelling meer as R550 is, is aflewering gratis – so nie sal ‘n afleweringsfooi van R65 van toepassing wees.
Belangstellendes word versoek om met die skriba te skakel vir verdere reëlings.
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Maandag 18 April Gesinsdag
Sondag 24 April Breë Kerkraadsvergadering na die erediens
Woensdag 27 April Vryheidsdag
Sondag 1 Mei Werkersdag
Maandag 2 Mei Openbare vakansiedag
Donderdag 26 Mei Hemelvaartdag – Erediens om 18:00
Sondag 5 Junie Pinkstersondag
Ouderlinge vergader
Diakonie vergader
Sondag 12 Junie NAGMAAL
Gemeente-ete om 11:30 in kerksaal
Donderdag 16 Junie Jeugdag
Vrydag 17 Junie Openbare vakansiedag
Vrydag 24 Junie Skole sluit
Dinsdag 19 Julie Skole open
DIE KERKBLAD.
Bestaande sowel as voornemende intekenare het nou die geleentheid om op die tydskrif in te teken vir ‘n jaar, naamlik. vanaf 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023.
Die kostes hieraan verbonde vir die huidige jaar beloop R437.00 vir 11 gedrukte uitgawes, afleweringskostes ingesluit.
Om dit in ‘n elektroniese formaat te ontvang, beloop R135.00 vir 11 uitgawes.
Belangstellendes kan gerus hulle name by die skriba opgee.
SLINGERVEL
Ouers wat vir hulle kinders op Die Slingervel wil inteken vir die tydperk 01 Julie 2022 tot 30 Junie 2023, het nou die geleentheid om dit te doen.
Dit sal slegs in elektroniese formaat beskikbaar wees en die kostes hieraan verbonde beloop R80.00 vir die jaar.
Omrede daar nie weer ‘n gedrukte Slingervel uitgegee gaan word nie, verval ons bestaande jaarlikse bestelling.
Diegene wat dus die tydskrif vir 2022/23 wil ontvang, moet dit nou bestel.
Belangstellendes moet asseblief hulle name by die skriba opgee .
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Sr Susan Kotzé87 van Sewe Damme 55 wat vandag verjaar.
Sr Ina Venter81 van Sterling A/o 4 wat more verjaar.
Sr Susan Schutte79 van Westerbloem 118 wat Woensdag verjaar
BELYDENDE LIDMATE
18 April
Br Elandré van der Walt – 051 436 3582
20 April
Sr Anneke Blair – 084 575 5015
Sr Marina van Niekerk – 082 651 0001
23 April
Sr Alex Klopper – 051 436 2119
GEDAGTE VIR DIE WEEK
Toe sê die engel vir die vroue:
“Julle moet nie bang wees nie.
Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
Hy is nie hier nie,
want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het.
Matteus:28:5,6a