Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 207:1 & 3
Die HERE groet ons met Sy seën !
Lofsang
Psalm 118:1 & 2
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Sang
Psalm 119: 6 & 7
Gebed
Sang
Psalm 33 : 5 & 6
Skriflesing
Markus 14: 22 tot 31
Teksvers
Markus 14: 26
Prediking
Slotsang;
Psalm 145: 2, 10 tot 12
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
SR MAGRIET LANDMAN OORLEDE
Met leedwese word die afsterwe bekend gemaak van
Sr Anna Margaretha Aletta Landman
van Serenitas Aftree-Oord in die ouderdom van 94 jaar.
Sy is verlede Saterdag oorlede nadat sy vir ‘n geruime tyd ernstig siek was.
Sy was die moeder van br Gerhard Landman, skoonmoeder van sr Gabby Landman en ouma van Mari en Jana Landman.
Sr Magriet was vir meer as 36 jaar ‘n meelewende lidmaat van ons Gemeente en het selfs, nadat haar gesondheid verswak het, steeds eredienste bygewoon in haar rolstoel.
Ons harte gaan uit na br Gerhard, sr Gabby en hulle dogters asook die ander familie.
Ons bede is dat die Here hulle naby sal wees in hierdie tyd van rou. Die troosdiens het gister in ons kerkgebou plaasgevind.
ONS DINK AAN…
Br Piet Botha wie se suster die afgelope Dinsdag oorlede is. Ons bede is dat die Here vir hom en
sr Anita, asook die ander familie, deur die werking van die Heilige Gees sal vertroos en versterk
DEURKOLLEKTES
BEIDE kollektes word by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir Ekumenisiteit bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.
NOOD IN OEKRAïNE
Die Deputate Ekumeniese sake het bevestig dat daar ‘n betroubare manier is vir finansiële hulp deur middel van ‘n gereformeerde kerk in Hongarye. Indien u sou belangstel om ‘n bydrae te maak, kan u die Kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
LIDMATE TER APPROBASIE AS KERKRAADSLEDE
Die name van die volgende lidmate word ter approbasie aan die Gemeente voorgehou om te dien as diakens:
- Sr Anél Havenga, Graceland 23
- Br Koos du Pisanie, Monte Video 40
- Br Piet Mosca, Ben Tindallstraat 10
- Br Pieter van Rooyen, Winterstraat 13
Ons bid hierdie broeders en suster die seën van die Here toe by die oorweging van die roeping. Dis werklik iets besonders om in diens van die Here en Sy kerk te mag wees!
KOFFIE, TEE EN SUIKERBLIKKE
Ons wil graag vir Sr Bessie Labuschagne bedank vir die pragtige houers wat sy geskenk het vir die koffie, tee en suiker wat Sondae vir teebediening gebruik word. Dit vertoon sommer spoggerig! Baie dankie daarvoor
GEMEENTEVERGADERING
U word daaraan herinner dat die Gemeentevergadering wat volgens die Jaarprogram vanoggend na die erediens sou plaasvind, verskuif is na 10 April 2022.
.ONS OMGEEBOEKIE
Die laaste uitgawe van hierdie boekie was in 2019 en is heelwat van die inligting wat daarin voorkom, nl. name, verjaarsdae, adresse, kontaknommers en foto’s, dus nie meer op datum nie.
Ons beplan om ‘n 2022-uitgawe beskikbaar te stel.
Ten einde te verseker dat die inligting wat daarin verskyn korrek is, is die ouderlinge versoek om tydens huisbesoek elke lidmaat se besonderhede te bevestig.
Lidmate wat hulle ou foto wil vervang, diegene wat nog nie ‘n foto ingestuur het nie, asook nuwe lidmate, word versoek om intussen nuwe foto’s vir ons per e-pos te stuur na die Kerkkantoor by kantoor@gkbfnnoord.co.za of na ds Kobus by kdopper@lantic.net
HARTLIK GELUK AAN…
Br Maarten Botha, Ds Kobus en sr Esther se seun, wat sy B.Comm-graad in Bemarking verwerf het. Die afgelope twee jaar was maar moeilik vir studente aangesien daar verskeie onderbrekings in hulle studies was.
Desnieteenstaande dié omstandighede, het Maarten dit suksesvol voltooi en wens ons hom van harte geluk met die prestasie!
Ds Kobus-hulle woon DV eerskomende Dinsdag die gradeplegtigheid te Potchef-stroom by.
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week.
Baie hartlik geluk!
Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
GELUKWENSE AAN SENIOR LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR
Br Wim Brummer78 van Paul Rouxstraat 43 wat môre verjaar.
Sr Sterna Janse van Rensburg82 van Hillandale 158 wat more verjaar.
Br Gawie van der Walt78 van Oude Westhof 39 wat Vrydag verjaar.
BELYDENDE LIDMATE
Vandag
Sr Madeleine Griesel – 082 408 8884
28 Maart
Sr Talita Robbertse – 051 436 2415
29 Maart
Sr Rina Fourie – 082 434 0997
Br Chris van der Linde – 076 338 5367
Sr Melody van der Walt – 072 592 6666
30 Maart
Br Koos Erasmus – 072 934 1900
Sr Hettie Fourie – 082 607 2407
1 April
Sr Petro van der Bijl – 082 303 8046
2 April
Br Johan Richards – 082 906 5010
GEDAGTE VIR DIE WEEK
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus”
Galasiërs 6:2
