Rolbaldag – 31 Januarie 2026

Datum: 31 Januarie 2026 Tyd: 10:00-14:-00 Plek: Tempe Rolbalklub Koste: R60 per span van 4
Hamburgers en chips ingesluit by fooi.
Kontantkroeg beskikbaar – ondersteun hulle asseblief.
Kontakpersone: Francois 082 796 7196 Louis 082 651 0001
Ons doen ‘n vriendelike beroep op al ons lidmate om hierdie geleentheid voluit te ondersteun. Gee asseblief die name van julle spanlede vir Francois of Louis, of bring jou span se besonderhede aan op die blou vorm in die voorportaal.
Lidmate wat bereid is om bestanddele te borg/skenk vir die maak van die Hamburgers, kan dié besonderhede ook vir Francois of Louis deurgee.
Die inskrywingsfooi van R600 per span, moet verkieslik in die kerk se bankrekening – waarvan die besonderhede op die voorblad van hierdie blaaitjie verskyn – inbetaal word met jou naam en “Rolbaldag” as verwysing. Stuur asseblief die bewys van betaling per e-pos na kantoor@gkbfnnoord.co.za of per WA vir Francois of Louis.
