Nuusbrief – 8 April 2018
Weens tegniese probleme kon hierdie Nuusbrief nie betyds beskikbaar wees nie !
VERJAARSDAE
Die volgende lidmate verjaar gedurende hierdie week. Baie hartlik geluk! Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!
09 April:
Sr Karen Ehlers – 071 388 2590
Sr Minke Pretorius – 083 310 1532
Sr Rina-Maria Schepers – 079 186 1358
10 April:
Sr Helet de Klerk – 082 202 4798
Prieur Otto – 082 762 7892
Sr Rita Venter – 083 309 8766
11 April:
Sr Mareli Venter – 082 826 0689
12 April:
Sr Izelda Aucamp – 073 496 5945
Br Gerrie van der Walt – 072 384 3057
14 April:
Sr Annatjie Badenhorst en haar dogter sr Laetitia Badenhorst beide by 082 925 8581
TWEEDE KWARTAAL BEGIN
Die skole heropen DV oormôre na ’n betreklike kort vakansie. Saam daarmee begin ons Gemeente se aktiwiteite ook weer hierdie week in alle erns. Die katkisasieklasse vir die Hoërskooljongmense begin DV Woensdag 18 April 2018 op die gewone tye en die Bybelstudiegroepe skop DV Donderdag 19 April 2018 om 09:30 en 18:30 af. Ds Kobus is tans met ‘n staptoer uitstedig.
Die klasse vir die Voorskoolse en Laerskoolkinders neem DV volgende Sondag na die erediens ’n aanvang.
Ons wens almal wat betrokke is – of dit nou aanbieders of deelnemers is – baie sterkte en die seën van die Here toe!
TEEBEDIENING
Die volgende teebediening na die diens sal DV volgende Sondag 15 April 2018 plaasvind wanneer dit die beurt van wyk Langenhovenpark 4 sal wees
DEURKOLLEKTES
Vandag se deurkollektes sal vir Bybelverspreiding opgeneem word en volgende Sondag vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg.
ONS WEBBLAD (www.gkbfnnoord.co.za)
Ons herhaal die berig van verlede week:
Oudl Dirk Coetzee deel ons mee dat daar nou ’n nuwe webblad vir ons Gemeente ontwerp is. Ons kan nou maklik na die jongste en ook ouer preke luister en dit selfs aflaai. Meer inligting sal mettertyd bygevoeg en/of opgradeer word en meer foto’s sal ook aangebring word.
Op die tuisblad (onderste ge-deelte van die webblad) is daar ook skakels beskikbaar van die Gereformeerde Kerke in SA asook uittreksels van berigte uit die Kerkblad, Vroueblad, Kruis-pad en Slingervel.
Enige navrae, inligting of voorstelle kan by die e-posfasiliteit by “kontak ons” gestuur word.
Ons bedank graag vir oudl Dirk (dirk@gkbfnnoord.co.za) vir die inisiatief wat hy geneem het om hierdie hulpmiddel uit te brei en te verbeter. Mag alle lidmate dit gebruik en baie vreugde daaruit put!
NUUS VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE VAN SUID-AFRIKA
Dr JH (Jac) Howell, predikant van GK Die Kandelaar en sy eggenote sr Ina Howell is altwee op 2 April 2018 in ’n kop-aan-kop motorongeluk naby Rustenburg oorlede.
Dr Jac is in 1991 as predikant van GK Potchefstroom-Suid bevestig waarna hy in Brakpan-Suid en Heidelberg gedien het voordat hy in 2013 by die GK Die Kandelaar bevestig is waar hy tot sy dood werksaam was. Ons dink aan hulle kinders en kleinkinders in hierdie dae.
ONS DINK AAN ….
Br Tobie en sr Elsabé Myburgh van Goodalestraat met die oorlye van br Tobie se broer. Die begrafnis was Dinsdag in Bethlehem. Mag die Here hulle deur die werking van die Heilige Gees ryklik vertroos!
BELANGRIKE DATUMS IN DIE TWEEDE KWARTAAL
Ons gee weer ’n opsomming van die belangrikste datum in die tweede kwartaal sodat dit byderhand is as ons ons beplanning doen
Dinsdag 10 April Skole heropen
Maandag 16 April Bedieningskommissie vergader
Maandag 16 April Webbladkommissie vergader
Woensdag 18 April Katkisasie vir Hoërskooljongmense begin
Donderdag 19 April Bybelstudie begin
Sondag 22 April Breë Kerkraadsvergadering
Vrydag 27 April Vryheidsdag
Sondag 29 April Geen aanddiens nie
Maandag 30 April Skoolvakansiedag
Dinsdag 01 Mei Werkersdag
Donderdag 10 Mei Hemelvaartsdag. Erediens om 18:00
Sondag 3 Junie Voorbereidingsdiens
Sondag 3 Junie Diakonie vergader om 17:00
Sondag 3 Junie Ouderlinge vergader na die diens
Woensdag 6 Junie Katkisasie sluit
Sondag 10 Junie Nagmaal
Sondag 10 Junie Gemeente-ete
Donderdag 14 Junie Bybelstudie sluit af
Saterdag 16 Junie Jeugdag
Vrydag 22 Junie Skole sluit vir wintervakansie
Dinsdag 17 Julie Skole heropen
DIE EREDIENS VANOGGEND
Ds Kobus is hierdie week op ’n staptog in die Tankwa Karoo en ons gun hom van harte om bietjie in die buitelug te ontspan.
Ons is dankbaar dat dr Frans de Bruyn wat as hulpdienspredikant in ons Gemeente optree, weer vandag die Woord van die Here hier sal verkondig! Ons bid hom en sr Petro die rykste seën van die Here toe!
Die preek is op hierdie webblad beskikbaar. Luister gerus daarna !
NAVRAAG OOR LIDMATE
Sedert Oktober 2017 word daar maandelikks ’n bedrag in die kerk se bankrekening inbetaal. Die verwysing is CHZ de Wet, maar is aan ons onbekend. Indien hy/sy of iemand wat so ’n persoon ken, sal dit baie waardeer word indien hy/sy besonderhede verskaf.
Verder is daar iemand wat elke maand ’n bedrag van R200 in die kerk se rekening inbetaal sonder enige verwysing. Ook hier sal ons dit waardeer indien dit opgeklaar kan word. Die bedrae word weliswaar in die kerkas inbetaal, maar ons sal dit graag teen ’n lidmaat se naam wil aanteken
