Nuusbrief – 29 April 2018
HEMELVAARTDIENS Donderdag 10 Mei 2018 herdenk ons die Hemelvaart van ons Here Jesus Christus. Dit is nie meer ’n openbare vakansiedag nie, maar daar sal wel ’n erediens in ons kerkgebou wees wat ds Kobus sal lei. Die erediens begin om 18:00 en die kollekte sal vir Bybelverspreiding opgeneem word. VERJAARSDAE Die volgende lidmate verjaar…
