Die erediens word deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.
BR JACO MOSTERT OORLEDE
Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat
Br Jacobus Floris (Jaco) Mostert
op Dinsdag, 18 Januarie, in die ouderdom van 42 jaar oorlede is aan komplikasies as gevolg van ‘n maagseer.
Br Jaco is op 20 Maart 2011 opgeneem as lidmaat van ons Gemeente vanaf die NG-Kerk Hertzogville.
Ons harte gaan uit na sy vrou, sr Elize, sy seun Janis, asook sy skoonouers, oudl Koot en sr Joey Pretorius.
Ons bede is dat die Here wat oor lewe en dood beskik, hulle sal vertroos en versterk in hulle tyd van beproewing.
Die troosdiens is gister vanuit ons kerkgebou gehou.
LITURGIE VANOGGEND
Afkondigings
Die HERE groet ons met Sy seën !
Sang voordat die erediens begin.
Liedboek 188: 1 & 3
Lofsang
Psalm 111: 1,2 & 4
Ons Bely ons geloof
Twaalf Artikels
Die wet
Exodus 20
Sang
Liedboek 334: 1 tot 4
Gebed
Sang
Psalm 18: 68:9
Skriflesing & teksverse
Ester 4: 1 tot 17
Prediking
Slotsang;
Skrifberyming 14-2: 1 & 2
Die HERE stuur ons weg met Sy seën !
Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN
DEURKOLLEKTES
Om die verspreiding van die Corona-virus te beperk, neem ons nie tans in die erediens kollektes op nie omdat te veel persone dan die sakkie moet hanteer. Daarom word BEIDE kollektes by die deure opgeneem.
Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas terwyl die gewone deurkollekte wat vandag vir die Teologiese Studentekas bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word
TEEBEDIENING
Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.
Dit is vanoggend die beurt van wyk Navalsig en ons bedank byvoorbaat almal wat daarmee behulpsaam is.
Volgende Sondag is dit wyk Paul Rouxstr se verantwoordelikheid.
HAMBURGERAAND – 5 FEBRUARIE 2022
Die Gemeentefunksiekommissie skop 2022 af met ‘n Hamburger-aand op DV Saterdag, 5 Februarie, om 15:30 vir 16:00.
Die koste beloop R30 vir ‘n burger en R5 vir ‘n koppie koffie. Kaartjies is by die saal te koop.
U word versoek om u eie breekgoed, eetgerei en drinkgoed saam te bring.
Diegene wat hierdie geleentheid wil bywoon, moet asseblief u naam asook die aantal persone, op die groen vorm wat in die voorportaal is, aanteken, of ‘n boodskap vir Francois Venter stuur by 082 229 4411.
Die volgende funksie op die jaarprogram is ‘n Kerrie-en-Rys aand wat DV op 30 Julie sal plaasvind.
LIDMAATREGISTER
Met attestasie het vertrek na die Gereformeerde Kerk Bloemburg:
Br George en sr Takkie du Plessis van Harrismithstraat 31
en na die Gereformeerde Kerk Port Elizabeth Br Willem Schutte van Unilofs woonstelle.
MATRIEKUITSLAE
Hiermee word al die matrikulante van ons Gemeente van harte gelukgewens met hul uitslae.
Ons het berig ontvang van die volgende kinders wat onderskeidings behaal het:
Inge van Driel, dogter van oudl Erik en sr Kirné van Driel
Jurie Geldenhuys, seun van br Jurie en sr Mayrine Geldenhuys
Jana Landman, dogter van br Gerhard en sr Gabby Landman en kleindogter van sr Magriet Landman
Amor McKenzie, dogter van oudl Stephan en sr Evelene Kruger
Aangesien die name nie in die media bekend gemaak word nie, word u asseblief versoek om ons in kennis te stel indien daar nog kinders is wat onderskeidings behaal het.
Ons wil graag voorkom dat iemand oorgeslaan word!
SUSTERSBYDRAES
Ons herinner die susters daaraan dat hulle hul jaarlikse bydrae van R150 in die kassie in die voorportaal, gemerk Sustersbydrae, kan plaas of dit in die bankrekening by Absa, takkode 632005, rekeningnommer 0470 341 769, met u naam as verwysing, kan inbetaal. Byvoorbaat baie dankie!
VAKATURES BY RESIDENTIA
Ons maak graag bekend dat daar onderskeidelik by Residentia Sering te Rustenburg asook Residentia Wilgerus te Frankfort vakatures beskikbaar is vir ‘n Skema Bestuurder.
Die sluitingsdatum is 15 Februarie 2022. Meer besonderhede is by die Kerkkantoor beskikbaar.
VRIENDELIKE VERSOEK VAN DIE SKRIBA
Ons herhaal graag die volgende versoek ter wille van dié lidmate wat dalk nog nie daarvan kennis geneem het nie:
Noudat die Nuusbrief weer gereeld gaan verskyn, wil ons graag die onderlinge meelewing in ons Gemeente probeer bevorder deur inligting oor die lief en leed van lidmate aan ander deur te gee.
Sodoende kan ons deel in mekaar se vreugde asook mekaar aan die Here in gebed opdra in tye van droefheid.
Skakel dus asseblief die skriba by 082 570 1804 of laat weet hom per e-pos by die volgende adres:
kantoor@gkbfnnoord.co.za
Moenie beskeie wees nie.
Ons hoor graag van enige provinsiale, nasionale of internasionale prestasie of van siekte of ander hartseer-omstandighede.
Afsnytyd is Vrydagmiddag 12:00.
GEDAGTE VAN DIE WEEK
Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig ‘n belofte aan God maak nie,
want Hy is in die hemel en jy op die aarde.
Laat jou woorde daarom min wees
(Spreuke 5: 1)
(
