Bible Text: Markus 10: 3 tot 16 Die erediens is vanoggend deur ds Kobus Botha waargeneem.  
Bible Text: 2 Korintiërs 1 : 12 - 24 Die erediens is vanoggend gelei deur ons predikant, Ds. Kobus Botha. Teksverse : 2 Korintiërs 1 : 12 - 24
Bible Text: Jesaja 40: 1 tot 11 Die erediens is vanoggend deur ds Kobus Botha waargeneem. Teksvers Jesaja 40: 1 & 2 1 Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. 2 Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes
Bible Text: Matteus 23: 37 tot Matteus 24: 14 Die erediens is vanoggend deur ons dominee, ds Kobus Botha, waargeneem. Teksvers: Matteus 24: 13 "Maar wie tot die einde volhard, sal gered word"
Bible Text: Psalm 46 Ds Kobus Botha, ons herder en leraar, het vanoggend die erediens gelei. Teksvers: Psalm 46: 11 " Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde"
Bible Text: Psalm 73 Die erediens is vanoggend deur ons dominee, ds Kobus Botha, waargeneem. Teksverse: Psalm 73: 23 & 24 23 Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. 24 U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
Bible Text: Psalm 88 Die erediens vanoggend is deur ds Kobus Botha, ons herder en leraar, gelei. Teksvers: Psalm 88: 2 "Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U"
Bible Text: Psalm 139: 1 tot 24 Die erediens is deur ds Kobus Botha gelei. Teksvers: Psalm 139: 5 "U omsluit my van alle kante, U neem my in besit"  
Bible Text: Openbaring 3: 14 tot 22 Die erediens is vanoggend deur ons dominee, Ds Kobus Botha, gelei. Skrifgedeelte: Openbaring 3: 14 tot 22 14 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: 15 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! 16 Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. 17 Julle sê: "Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie," en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. 18 Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien. 19 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. 21 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 22 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
Bible Text: Psalm 90 Die diens is deur ds Kobus Botha gelei. Psalm 90 1 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. 2 Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God! 3 U laat die mens sterwe: U sê net: "Word weer stof!" 4 Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. 5 U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: 6 in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog. 7 Ons vergaan onder u toorn, ons gaan te gronde onder u gramskap. 8 U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. 9 Onder u toorn vlieg ons dae en skiet ons jare verby soos 'n gedagte. 10 Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe. 11 Wie ken die krag van u toorn beter as u dienaars? Wie ken u gramskap beter? 12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. 13 Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. 14 Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. 15 Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap. 16 Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. 17 Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand