Die erediens word vandag deur ons dominee, ds Kobus Botha, gelei.

LITURGIE VANOGGEND

Afkondigings

Sang voordat die erediens begin.

Liedboek 164: 1 & 2

Die HERE groet ons met Sy seën !

Lofsang

Psalm 98:1 & 3

Ons Bely ons geloof

Twaalf Artikels

Die wet

Sang

Skrifberyming 8-1: 1 & 2

Gebed

Sang

Psalm 20: 4,5 & 6

Skriflesing

Spreuke 30: 24 tot 35

&

Matteus 24: 45 tot Matteus 25: 13

Teksverse

Spreuke 30: 25 en Spreuke 6: 6 tot 9

Prediking

Slotsang;  

Skrifberyming 15-7: 4 & 6

Die HERE stuur ons weg met Sy seën !

Ons sing saam: AMEN, AMEN, AMEN

DEURKOLLEKTE
Om die verspreiding van die Corona-virus te beperk, neem ons nie tans in die erediens kollektes op nie omdat te veel persone dan die sakkie moet hanteer

Daarom word BEIDE kollektes by die deure opgeneem. 

Die bydraes vir die Diakonie se kas vir barmhartigheid word in die sakkie met die houtraamwerk geplaas.

Die gewone deurkollekte wat vandag vir die Fees- en Dankbaarheidsfonds  bedoel is, in die sakkie met die houthandvatsel opgeneem word.

Hierdie fonds, waarvan die kollekte die naaste aan 11 Februarie opgeneem word, is in 2009 in die lewe geroep om dankbaarheid teenoor die Here te betoon dat Hy die Gereformeerde Kerke vir 150 jaar bewaar het.

Die opbrengs word as ‘n addisionele inspuiting bestem om die Emeritaatsversorgingstrust te versterk, kerke wat nie voldoende finansiële middele het nie, te help en historiese geboue van die GKSA in stand te hou.

TEEBEDIENING

Terwyl die katkisasieklasse vir die voorskoolse en laerskool-kinders vanoggend aan die gang is, sal daar weer teebediening in die kerksaal wees waarheen almal van harte uitgenooi word.

Dit is vanoggend die beurt van wyk Paul Rouxstraat en ons bedank almal wat daarmee behulpsaam is.

Volgende Sondag is dit die wyk Santé se verantwoordelikheid.

LIDMAATREGISTER

Met attestasie het vertrek uit ons Gemeente na die Gereformeerde Kerk Stellenbosch:

Sr Inge van Driel van Kapt. Goodmanstraat 16.

Met attestasie het by ons Gemeente aangesluit vanaf die Gereformeerde Kerk:

Krugersdorp: Sr Lenie Geyeren haar seun, br Riaan Geyer van Pleasantville 10, Karel Kielblockstraat, Langenhovenpark.

Petrusburg: Br Dries en sr Christine Meyer van die plaas Waterbron, Petrusburg.

Verder word br Freek Venter van Navalweg 33 opgeneem in die gemeenskap van die Gereformeerde Kerke vanuit die NG Kerk.

Ons heet hierdie lidmate van harte welkom in ons midde en vertrou dat hulle baie gelukkig hier sal wees.

LIEF EN LEED

Ons dink aan die volgende lidmate:
Br Frik van Sittert
van Constantiapark 40 wie se broer die afgelope week oorlede is.

Br Frik was een van vyf broers waarvan hy nou die enigste oorblywende een is.

Ons dink ook aan sr Sinta en dra hulle in ons gebede op aan ons Hemelse Vader.

Mag Hy hulle versterk in hulle uur van beproewing.

Br Karel van der Berg wat gedurende die afgelope week ‘n pasaangeër ontvang het.

Ons is dankbaar om te kan sê dat dit suksesvol afgeloop het en dat br Karel  tuis aansterk.

HAMBURGERAAND

Die volgende berig is ontvang vanaf die Gemeentefunksiekommissie:

Die Hamburgeraand was om twee redes baie suksesvol:

Eerstens:

Die geleentheid om as gemeente saam sosiaal te verkeer, was die primêre doelwit. Wat niemand besef het nie, was dat die lang tyd van sosiale isolasie (Covid-19) ons intens uitgehonger het vir gesellige samesyn.

Dit het tot gevolg gehad dat daar dié aand met mening gesellig en vrolik ge-KUIER is.

Tweedens:

Alhoewel fonds-insameling nie ‘n doelwit was nie, kon ons ook (na aftrekking van uitgawes) die mooi bedrag van bykans R5 700 wins toon.

Ons dank hiervoor gaan aan ons Hemelse Vader wat die geleentheid besonder geseën het en ook ons gemeentelede se harte oopgemaak het om dit by te woon en ook hulp aan te bied.

Verder bedank ons ook;

  1. Elkeen wat die aand bygewoon het en bygedra het tot die gesellige atmosfeer.
  2. Heelwat mense wat spontaan hulp aangebied het op verskeie terreine.
  3. Die Susters wat gemoeid was met baie voorbereiding en harde werk.
  4. Elke lid van die GFK wat sy/haar deel met oorgawe gedoen het.
  5. Hetta Steyn vir die neem van foto’s en Dirk Coetzee vir die publikasie van die foto’s  op ons webwerf en Facebook-blad.

Ons volgende groot kuiergeleentheid is die Kerrie-en-rys-aand op DV 30 Julie 2022.

Sien julle almal daar!!

VERGADERINGS

Anders as wat op die Jaarprogram aangedui is, sal daar nie vanmiddag ‘n Breë Kerkraadsvergadering van die ouderlinge en diakonie plaasvind nie, aangesien die ouditeure nog besig is om die finansiële state vir 2022 voor te berei.

Die kerkraad het besluit om dié vergadering te verskuif na 06 Maart wanneer die ouderlinge se wyksverslae, met die oog op Nagmaal, ook hanteer sal word.

Die Gemeentevergadering, waartydens die begroting aan die Gemeente voorgehou word, sal nou DV na die skoolvakansie, op 10 April 2022, gehou word.

LIDMATE WAT HIERDIE WEEK VERJAAR

Gelukwense aan senior lidmate wat hierdie week verjaar:

Sr Wima Albertse70 van Embet El Mar 502 wat vandag verjaar.

Br André van der Merwe72  van die plaas Uitkoms wat vandag verjaar.

Sr René Kruger70 van Somerton Estate 26 wat Maandag verjaar.

Br Hennie Janse van Rensburg84 van Hillandale 158 wat Woensdag verjaar.

Sr Elsabé Steenekamp78 van Gratias 4 wat Woensdag verjaar.

Br Whitey van der Walt76 van Kareelaan 2 wat Woensdag verjaar.

Br Charles Kotzé80 van Paul Rouxstraat 23 wat Vrydag verjaar.

Sr Estie Buys74 van Serenitas 189 wat Saterdag verjaar.

Br Pieter Kruger76 van Park Avenue 206 wat Saterdag verjaar.

Die volgende lidmate verjaar ook gedurende hierdie week. 

Baie hartlik geluk! 

Ontvang ons allerbeste seënwense vir die nuwe lewensjaar!

Vandag

Sr Charmoné Griesel  – 082 408 8884

Br Peter Smith – 079 129 6090 

14 Februarie

Sr Bambi Bonthuys   – 074 453 7347

Sr Hester Eloff – 084 504 7807

16 Februarie

Br Lukas Fourie   – 082 412 6238

17 Februarie

Br Johan Pienaar  – 076 181 3764

 Br Louri Coetzee      – 083 776 6989


BELANGRIKE DATUMS VIR DIE EERSTE KWARTAAL

Maandag 14 Februarie 

Bedieningskommissie vergadering

Sondag 06 Maart  

Breë Kerkraadsvergadering

 Ouderlinge/Diakonie vergadering

Katkisasie afsluiting

Sondag 13 Maart         

Nagmaal

Gemeente-ete

Donderdag 17 Maart  – Skole sluit

Maandag 21 Maart  – Menseregtedag

Dinsdag 5 April  – Skole open

GEDAGTE VIR DIE WEEK

So sê die Here: Laat reg geskied, doen reg, want die verlossing wat Ek bring,

is al aan die kom, en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word.

Jesaja 59:1