-
-
Nuusbrief – 15 Maart 2020
DIE SAKRAMENT VAN DIE H NAGMAAL Die Sakrament van die Heilige Nagmaal word vanoggend gevier. Lidmate van ander kerke wat by die Kerkraad aansoek gedoen het om hier Nagmaal te gebruik, het die nodige toestemming en word van harte saam met die Gemeente daartoe uitgenooi. Ons bede is dat die Here vir ons as Gemeente…
-
Nuusbrief – 22 Februarie 2020
Die diens word vanoggend gelei deur ds Kobus Botha. LITURGIE VANOGGEND Skriflesing: Efesiërs 2:11-22 Teksverse: Efesiërs 2:11-22 Voorafsang: Liedboek 200:1,2 Sang: Skrifberyming 2-2:1,2 Psalm 130:2,4 Psalm 66:7 Skrifberyming 19-3:1-4 KOLLEKTES Vandag se deurkollektes sal vir die Pres Kruger Kinderhuis te Reddersburg afgesonder word. Dis nou die geleentheid om hierdie inrigting wat soveel vir die kinders…
-
Nuusbrief – 16 Februarie 2020
LITURGIE VANOGGEND Skriflesing: Efesiërs 2:1-10 Teksverse: Efesiërs 2:1-10 1Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2 wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense…
-
Nuusbrief – 9 Februarie 2020
VANOGGEND se diens word gelei deur ds Kobus Botha; Skriflesing: Efesiërs 1:15-23 Teksverse: Efesiërs 1:15-23 Voorafsang: Liedboek 334:1-4 Sang: Psalm 48:4,5 Skrifberyming 5-4:1,2 Psalm 31:3,4 Skrifberyming 15-1:1-4 VERGADERINGS Die finale finansiële state van ons Gemeente vir 2019 is pas van die ouditeure verkry. Die Finansiële Kommissie sal die Inkomste-en Uitgawestaat en ook die Balansstaat, ander…
-
Nuusbrief – 2 Februarie 2020
VANOGGEND SE EREDIENS word gelei deur Ds Kobus Botha. Die Liturgie vanoggend; Skriflesing: Efesiers 1:1-14 Teksverse: Efesiers 1:3 Voorafsang: Liedboek 163:1 Sang: Psalm 111:1,2,4 Cloete Psalm 38:1,17 Psalm 2:6 Skrifberyming 18-7:1,9,12 SUSTERSAAMTREK 7 MAART 2020 Ons plaas hierdie berig vir oulaas. Dit is Vrydag 7 Februarie 2020 die laaste dag wat susters op dié uitnodiging…
-
Nuusbrief – 19 Januarie 2020
VANOGGEND SE DIENS word gelei deur Ds Kobus Botha. Skriflesing: Spreuke 21:20-31 Teksvers: Spreuke 21:31 31Perde kan afgerig word vir oorlog, maar dit is die Here wat die oorwinning gee. Voorafsang: Liedboek 188:1,3 Sang: Psalm 8:1,3,4 Skrifberyming 5-4:1,2 Psalm 66:7 Skrifberyming 14-2:1,2 KOLLEKTES Vandag se deurkollektes word vir die Trans-Oranje Instituut vir Buitegewone Onderwys opgeneem….
-
Nuusbrief – 12 Januarie 2020
VANOGGEND SE EREDIENS Skriflesing: Prediker 3:1-22 Teksverse: Prediker 3:12 Voorafsang: Liedboek 168:1,2,3 Sang: Psalm 48:4,5 Psalm 119:6,7 Psalm 89:6 Skrifberyming 5-4:1,2,5,6 SUSTERSAAMTREK 7 MAART 2020 Die Sustersbestuur van ons Gemeente bied hierdie jaar op 7 Maart 2020 die Sustersaamtrek van Klassis Suid-Vrystaat aan. As ons die vorige Saamtrekke wat hulle aangebied het, as maatstaf neem,…
-
Nuusbrief – 1 Desember 2019
DIE SAKRAMENT VAN DIE HEILIGE DOOP Nadat br Christo Vermeulen en egg sr Almarie Vermeulen van Estoire vanoggend deur die Kerkraad vanuit die APK in die Gereformeerde Kerk opgeneem gaan word, sal die Sakrament van die Heilige Doop aan hulle Ver-bondseuntjie Andrew Vermeulen bedien word. Ons wens die ouers en ander familie van harte geluk…
-
Nuusbrief – 24 November 2019
LITURGIE VANOGGEND Skriflesing: Romeine 8:1-13 Teksverse: Romeine 8:9 Voorafsang: Liedboek 168:1,2,3 Sang: Liedboek 184:1-4 Skrifberyming 9-3:1,2 Psalm 119:39,40 Skrifberyming 14-2:1,2 KOLLEKTES Vandag se deurkollektes word vir die GKSA se Thusofonds afgesonder. Hierdie fonds help met die versorging van emeriti uit die jonger kerke (die voormalige Sinode Middellande en Klassis Capricorn). Volgende Sondag sal die deurkollektes…
